Liewe Kittie
Meneer Van Daan kom uit die wors-, vleis- en speseryehandel. In die besigheid is hy omrede van sy speseryekwaliteite in diens geneem, maar nou vertoon hy hom van sy worsagtige kant af, wat vir ons glad nie onaangenaam is nie.
Ons het baie vleis bestel (klandestien natuurlik) om te pre-serveer vir wanneer ons dalk nog moeilike tye sal moet deur-maak. Meneer Van Daan wou braaiwors, Gelderse wors en ge-stopte wors maak. Dit was n mooi gesig om te sien hoe eers die stukke vleis deur die vleismeule gaan, twee of drie keer, hoe al die bestanddele dan deur die vleismengsel gemeng word en hoe die derms daarna deur n tuitjie daarmee gevul word. Die braaiwors het ons dadelik die middag met suurkool opgeet, maar die Gelderse wors wat vir die week bestem is, moet eers goed droog word en daarvoor word dit aan n stok met twee toutjies aan die plafon van die solder opgehang. Elkeen wat by die kamer inkom en die tentoongestelde worse sien, begin te lag. Dit is inderdaad n allerkoddigste gesig.
In die kamer was dit n gedoente van die ergste aard. Me-neer Van Daan met n voorskoot van Mevrou aan, in sy volle dikte (hy het veel dikker gelyk as wat hy is) met die vleis besig. Bloederige hande, n rooi gesig en die bevlekte voorskoot het hom soos n egte slagter laat lyk. Mevrou het alles tegelyk ge-doen; Nederlands geleer uit n boekie, die sop geroer, na die vleis gekyk, gesug en gekla oor haar gebreekte boonste bors-
rib. Dit gebeur as ouere dames(!) sulke allerdomste liggaams-oefeninge doen om van hulle dik agterstewe ontslae te raak!
Dussel het n ontsteekte oog gehad wat hy by die kaggel met kamilletee gedep het. Pim het op n stoel gesit in die straal-tjie son wat deur die venster gekom het en is van die een na die ander kant geskuif. Daarby het hy seker weer pyn op sy ruma-tiekplek gehad, want hy het taamlik krom en met n vertrekte gesig alles wat meneer Van Daan gedoen het, dopgehou. Hy het presies soos n ou en sieklike welsynshuismannetjie gelyk. Peter het met die kat Mouschi in die kamer rondgedraai; Moe-der, Margot en ek was besig om aartappels te skil. Ten slotte het nie een van ons ons take behoorlik uitgevoer nie, omdat ons na Van Daan gekyk het.
Dussel het sy tandartspraktyk geopen. Ek sal jou vir die grap vertel hoe die eerste behandeling verloop het.
Moeder was aan die stryk, en Mevrou, die eerste een om te besef dat Dussel ernstig was, het op die stoel in die middel van die kamer gaan sit. Dussel het sy dosie gewigtig begin uitpak, eau de cologne as ontsmettingsmiddel gevra en Vaseline as was. Hy het in Mevrou se mond gekyk, n kiestand aangeraak, waarby Mevrou elke keer inmekaar gekrimp het asof sy van die pyn vergaan, terwyl sy onsamehangende klanke uitstoot. Na n langdurige ondersoek (vir Mevrou ten minste, want dit het nie langer as twee minute geduur nie) het Dussel n gaatjie begin uitkrap. Maar nee, daarvan sou daar niks kom nie. Mevrou het wild met haar arms en bene geslaan sodat Dussel op n gegewe oomblik die krappertjie laat los het en  dit in Mevrou se tand bly steek het. Nou het die poppe eers regtig gedans! Mevrou het om haar heen geslaan, gehuil (in soverre dit moontlik is met so n instrument in jou mond), die krappertjie uit haar mond probeer kry en dit sodoende nog dieper ingedruk. Meneer Dussel het die toneeltjie doodkalm met sy hande in die sye gadegeslaan. Die res van die toeskouers het onbedaarlik ge-lag. Dit was natuurlik gemeen, want ek weet dat ek seker nog harder sou gegil het. Na baie gewriemel, geskop, geskreeu en
geroep het Mevrou die krappertjie uiteindelik uitgekry en me-neer Dussel het, asof daar niks gebeur het nie, voortgegaan met sy werk. Hy het dit so vinnig gedoen dat Mevrou geen tyd gehad het om opnuut te begin nie, maar hy het dan ook soveel hulp gehad soos nog nooit voorheen in sy lewe nie. Twee assis-tente is nie min nie en Meneer en ek het goed saamgewerk. Die geheel het wel gelyk na n prentjie uit die Middeleeue met die opskrif Kwaksalwer aan die werk. Intussen het die pa-sint nie veel geduld gehad nie, sy moes aandag gee aan haar sop en haar ete. Een ding is seker, Mevrou laat haar nie gou weer behandel nie!
Anne
Sondag, 13 Desember 1942
