Indien daar probleme met die onderhoud is nadat die egskeiding deur is, kan hierdie probleme na die Onderhoudsbeampte by die landdroshof geneem word.
Indien u die Gesinshof in stede van 'n Hooggeregshof gebruik, mag u egskeiding vinniger en goedkoper afgehandel word.
Ontbinding van 'n burgerlike huwelik
Die paartjie mekaar nie langer lief het nie.
Wie onderhoud gaan ontvang, hoeveel dit sal beloop en hoe en wanneer dit betaal sal word
Indien die egskeiding uitgerek is, byvoorbeeld wanneer die partye nie ooreen kan stem nie, kan 'n tussentydse versorgingsbevel uitgereik word waarin uiteengesit word wie na die kinders sal omsien onderwyl die egskeiding afgehandel word.
Of die een party vir die onderhoud of ondersteuning van die ander party aanspreeklik gaan wees, sal van die omstandighede afhang. Indien die partye nie ooreen kan kom oor hoeveel betaal moet word nie, sal die hof besluit.
n Verhoordatum sal bepaal word. Ten tye van hierdie verhoor sal die regter vrae vra om die inligting in die dagvaarding te bevestig. Wanneer alles afgehandel is, sal 'n egskeidingsbevel toegestaan word.
U kan 'n egskeiding kry indien u maat vir minstens ses maande nie by sy/haar bewussyn is nie en dokters van mening is dat hy/sy nooit gaan herstel nie.
Die belangrikste oorweging wanneer daar besluit word oor watter ouer toesig en beheer moet verkry, is die beste belang van die kinders.
Huwelik / Egskeiding
buite gemeenskap van goedere met aanwas.
Een maat die ander verlaat het;
Daar is 'n aantal aangeleenthede wat by 'n egskeiding aandag moet geniet, naamlik:
Indien die huwelik buite gemeenskap van goedere met aanwas is, hou elke persoon sy/haar eiendom van voor die huwelik, maar alles wat gedurende die huwelik bymekaargemaak is, word gedeel. Sommige goed soos erflatings of geskenke word nie ingesluit nie.
Hoe die ouer wat nie toesig en beheer het nie, toegang tot die kinders gaan verkry
Omdat Hindoe en Moslem huwelike nie ten volle as wettige huwelike erken word nie, het die vrou geen regstatus om onderhoud na die egskeiding te eis nie.
As dit nie in die beste belang van die kinders is dat die ander ouer toegangsregte het nie, kan die hof toegang beperk.
Voordat die hof 'n egskeidingsbevel sal uitreik, moet daar besluit word wie na die kinders gaan omsien. Die ouers kan 'n reling tref of die hof kan besluit.
Hoe om te skei
Indien u en u maat 'n skikkingsooreenkoms kan bereik voordat die dagvaarding uitgereik word, sal dit die proses baie vinniger en makliker maak. Indien u 'n ooreenkoms bereik, moet u dit op skrif stel en onderteken. Die toestemmingsakte moet dan by die dagvaarding vir 'n egskeiding aangeheg word.
toesig en beheer oor die kinders toegang tot die kinders onderhoud verdeling van eiendom
Die Gesinsadvokaat by die hof kan help om te bepaal watter ouer die beste in staat is om na die kinders om te sien en kan, indien nodig, die kinders in die hof verteenwoordig.
Indien u sou skei, word die gedeelde eiendom gelyk tussen u verdeel. Enige skuld word ook gedeel.
Die egskeidingsproses sal daarvan afhang of die huwelik 'n burgerlike huwelike of 'n gebruiklike huwelik is. Burgerlike huwelike word ontbind in ooreenstemming met die rels en prosedures vervat in die Egskeidingswet. Huwelike wat kragtens die Afrika Gewoontereg aangegaan word, word in ooreenstemming met die burgerlike reg ontbind, maar sommige van die gevolge word deur gebruike en tradisie bepaal. Moslem en Hindoe huwelike word kragtens die plegtighede en rituele van die geloof ontbind.
Lewe en Familie
U kan slegs 'n egskeiding bekom indien u aan die hof kan bewys dat die huwelik "onherroeplik verbrokkel" het of dat een van die gades sielsiek of voortdurend bewusteloos is.
Een maat die ander bedrieg het;
buite gemeenskap van goedere sonder aanwas;
Wie toesig en beheer oor die kinders gaan verkry
In Afrika, Hindoe en Moslem gebruiklike huwelike kry die vrou gewoonlik beheer en toesig oor die kinders. Ooreenkomstig Afrika gewoontereg bly die vader gewoonlik die kinders se natuurlike voog. Kinders wat uit Hindoe en Moslem huwelike gebore is, word as buite-egtelik beskou en gevolglik is die moeder ook die natuurlike voog. In alle gevalle het die vader steeds 'n plig om die kinders te onderhou.
Gronde vir egskeiding
Onderhoud vir die kinders word aan die ouer betaal wat toesig en beheer gekry het (maar dit is belangrik om te onthou dat hierdie reg die kind s'n en nie die ouer s'n is nie). Alle ouers het 'n plig om hul kinders te onderhou, insluitend kinders wat buite-egtelik is.
As u 'n huweliksvoorwaarde-ooreenkoms aangaan, kan u besluit om te trou:
Wanneer 'n paartjie skei, is die een party dikwels in 'n beter finansile posisie as die ander. Die persoon wat toesig en beheer oor die kinders verkry, sal ook uitgawes h wat die ander ouer nie het nie. Die hof sal 'n onderhoudsbevel uitreik wat vereis dat onderhoud vir die kinders en, na gelang van omstandighede, vir die ander party betaal moet word.
Daar kan van die vrou se familie verwag word om die hele of 'n deel of van die lobola aan die man se familie terug te gee, tensy die man in die openbaar sy vrou sonder hoegenaamd enige rede verwerp het.
Hoe u eiendom verdeel gaan word
n Burgerlike huwelik moet deur 'n hof ontbind word.
Die verstekregstandpunt is dat burgerlike huwelike binne gemeenskap van goedere met aanwas is. Dit beteken dat alles wat u besit, gedeel word met die insluiting van eiendom en skuld. Aanwas beteken dat alles wat u verdien of gekoop het nadat u getroud is, ook deel word van die gesamentlike boedel.
Die paartjie 'n ruk lank nie saam gebly het nie.
U kan 'n egskeiding verkry indien u maat vir minstens twee jaar in 'n inrigting vir sielsiekes is en dokters van mening is dat hy/sy nooit gaan herstel nie.
Gebruiklike huwelike stem ooreen met burgerlike huwelike in soverre 'n hof 'n egskeidingsbevel moet uitreik en die egskeiding slegs toegestaan sal word indien daar gronde vir 'n egskeiding is (dit wil s onherroeplike verbrokkeling, sielsiekte of volgehoue bewusteloosheid).
Indien u die hof om 'n egskeiding wil vra, moet u 'n dagvaarding voorberei met die volgende inligting:
Getroude paartjies kan hul huwelike deur egskeiding ontbind. Dit beindig die huwelik en geskeide partye kan weer wettig trou.
Onherroeplike verbrokkeling beteken dat die paartjie nie langer saam kan leef nie en dat daar geen redelike kans is dat hulle hul geskille sal kan byl nie. Stawing hiervan kan bewyse insluit wat aandui dat:
Een maat die ander mishandel het;
Ontbinding van 'n huwelik kragtens afrika gewoontereg
Hoe die gesinseiendom verdeel gaan word, sal afhang van watter eiendomstelsel die paartjie aangeneem het toe hulle in die huwelik getree het. Dit sal gewoonlik in die huweliksvoorwaarde-ooreenkoms uiteengesit word en, as daar geen voorhuwelikse kontrak is nie, sal dit deur die wet bepaal word.
Indien die huwelik buite gemeenskap van goedere sonder aanwas is, hou elke persoon sy/haar eie eiendom van voor die huwelik en hou wat hulle ook al gedurende die huwelik verdien of bekom het.
Die verstekeiendomstelsel het vir verskillende mense op verskillende tye verander. Die wette wat gegeld het toe u getroud is, sal bepaal watter eiendomstelsel op u huwelik van toepassing is.
binne gemeenskap van goedere;
Die partye kan oor die bepalings van die egskeiding besluit en die regter sal dan die toepaslike bevele ten opsigte van beheer en toesig en onderhoud uitreik. Indien die hof oor hierdie aangeleenthede moet besluit, sal dit enige relings in ag neem wat kragtens gewoontereg gemaak is.
Die ouer wat nie toesig en beheer kry nie, sal gewoonlik nog hulle kinders wil sien. Dit is dus nodig dat daar ooreengekom moet word wanneer, waar en hoe hierdie ouer toegang tot die kinders kan kry.
Indien 'n man en 'n vrou deur 'n imam in die Moslem geloof of 'n priester in die Hindoe geloof in die huwelik bevestig is, is hulle kragtens die burgerlike reg nie getroud nie. Hulle kan dan skei sonder om na 'n hof te gaan, maar hulle moet die rels van hulle geloof nakom.
