Mond- en Tandheelkundig
Op kliniekvlak bevorder gesondheidswerkers mondgesondheid deur mense op te voed oor hoe om hulle monde, tandvleis en tande gesond te hou, en deur mense te wys hoe om tandbederf en ander probleme rakende mondhigine te voorkom.
Pasinte kan by 'n primregesondheidkliniek plaaslike verdowing vir die behandeling van tandheelkundige en mondprobleme ontvang. Indien algemene narkose benodig word, sal die tandarts die pasint by die plaaslike hospitaal op die teaterlys plaas en die prosedure by die hospitaal uitvoer. Die Hoopstraatkliniek in Kaapstad is die enigste kliniek waar algemene narkose beskikbaar is.
Die diens is by alle primregesondheidsorgklinieke of -sentra beskikbaar. Pasinte met ingewikkelde probleme word na sekondre of tersire hospitale vir verdere ondersoeke en behandeling verwys.Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondre of tersire hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n ler vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.
Frakture van die bokaak (dikwels as gevolg van huishoudelike geweld of motorongelukke) word na sekondre of tersire hospitale verwys. Eenvoudige onderkaakfrakture kan by die primregesondheidfasiliteit gehanteer word. Ingewikkelder gevalle sal na die sekondre of tersire hospitale verwys word.
Die staat verskaf tand- en mondheelkundige dienste aan die publiek wat daarop gemik is om mondgesondheid te bevorder, tandbederf te voorkom en enige ander probleme te behandel.
Wie ontvang gesubsidieerde tandheelkundige dienste?
Gratis, maar daar is 'n koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasint se verdienste, en op die getal afhanklikes van pasinte.
Mense wat MIV-positief is en di wat vigs het, ly dikwels aan orale sproei, of mondsproei. Dit is oop sere en letsels in die mond. Diflucan, 'n middel vir die behandeling van orale sproei, is gratis by primregesondheidsorgklinieke beskikbaar.
Kaapstad is die enigste stad wat watervoorrade fluorideer ingevolge die regulasies van die Wet op Gesondheid (Wet 63 van 1977). Die Minister van Gesondheid en die Minister van Waterwese en Bosbou het hierdie regulasies gesamentlik goedgekeur.
Laerskoolkinders word opgevoed oor die belang daarvan om die opbou van plaak te voorkom en oor hoe om dit deur die korrekte borsel en vlos van tande te verwyder. Tandeborsels en tandepasta word voorsien. Hulle ontvang ook 'n mondspoelmiddel wat fluoried bevat, as deel van die Fluoriedaanvullingsprogram. Fluoried maak tande sterker en help om tandbederf te voorkom. Kinders word opgevoed oor voeding en die belang van gesonde eetgewoontes om die opbou van plaak en tandbederf te voorkom.
In stedelike klinieke bestaan die mondgesondheidspan uit 'n tandarts, 'n tandheelkundige assistent en 'n mondhiginis. Plattelandse gebiede word deur 'n tandheelkundige span met mobiele toerusting besoek. Die toerusting kan as 'n nooddiens opgestel word, gewoonlik by skole.
Bevordering en voorkoming
Die program vir bevordering en voorkoming sluit besoeke in deur gesondheidswerkers aan sommige crches en sommige laerskole. Inligting oor tand- en mondgesondheid word ook aan swanger vroue as deel van die voorgeboortediens gegee.
n Pasint kan by 'n kliniek vir ernstige tandvleissiekte (periodontitis) behandel word. Indien daar egter mondpatologie is - letsels of sere in die sagte mondweefsel wat dikwels deur oormatige rook, drankgebruik of deur MIV-infeksie veroorsaak word - en daar 'n risiko vir kanker bestaan, sal die pasint na 'n tersire hospitaal verwys word.
Watter tandheelkundige dienste word aangebied?
Mense met ortodontiese probleme kan by primregesondheidfasiliteite gesien word, maar sal na die tandheelkunde-fakulteite by die Universiteit van die Wes-Kaap en Tygerberg-hospitaal verwys word. Kinders wat draadjies aan hulle tande aangebring of verwyder moet h, sal ook na hierdie tandheelkunde-fakulteite verwys word.
Op die mees basiese vlak van gesondheidsorg (primregesondheidklinieke) kan drie fasette van die tandheelkundige gesondheidsdiens / mondgesondheidsdiens onderskei word: bevordering, voorkoming en behandeling. In sommige gebiede in die provinsie (bv. Mosselbaai) word een basiese diens by die plaaslike hospitaal aangebied.
Tandheelkundige Gesondheid/Mondgesondheid
Die basiese behandelingsdienste wat beskikbaar is, is mondondersoeke, X-straalondersoeke, skraap en poleer van tande om plaak te verwyder en tandvleissiektes te voorkom, vulsels en noodverligting van pyn en ontsteking, waarby tandekstraksie ingesluit word. Krone en bre is soms beskikbaar, maar geniet lae prioriteit.
Die Provinsiale Regering subsidieer 'n tandheelkundige diens vir armlastige volwassenes, diegene wat ouderdomspensioene ontvang en diegene wat genstitusionaliseer is. Daar is wel 'n bedrag betaalbaar om laboratoriumkoste te dek.
