Huishoudelike mishandeling' sluit die volgende in:
julle verloof is of was, uitgaan of uitgegaan het, of in 'n gebruiklike verhouding, of in enige verhouding wat jy of die ander persoon as romanties beskou, is of was;
Onder watter omstandighede sal die saak eerder vir verhoor verwys word?
Watter inligting het ek nodig?
Deel 2: Indien jy nie die aansoeker is nie
Enige hof wat die gebied dek waarin jy woon of werk, of waarin jou mishandelaar woon of werk, of wat die gebied dek waarin enige voorvalle van mishandeling plaasgevind het, kan 'n beskermingsbevel aan jou uitreik. Normaalweg behoort jy gedurende normale hofure (weeksdae, 08:00-16:00) na die hof te gaan. Na ure sal aansoeke normaalweg slegs aanvaar word indien jy kan wys dat jy uitermate sal swaarkry indien die saak nie onmiddellike aandag geniet nie.
Wat sal gebeur nadat ek die aansoekvorm ingevul het?
Onder watter omstandighede sal 'n finale beskermingsbevel toegestaan word?
Indien jy 'n slagoffer van huishoudelike mishandeling is en jou mishandelaar is iemand met wie jy in 'n huishoudelike verhouding verkeer, kan jy ingevolge die Wet op Huishoudelike Geweld aansoek doen om 'n beskermingsbevel. 'n Beskermingsbevel bevat voorwaardes wat dit wat die mishandelaar mag en nie mag doen nie, uiteensit. Indien die mishandelaar nie hierdie voorwaardes nakom nie, kan hy gearresteer word. Indien die mishandeling 'n kriminele oortreding behels, kan die mishandelaar daarvan aangekla word.
Om in besit van 'n beskermingsbevel te wees, beteken jy het die mag om jou mishandelaar te laat arresteer sodra hy 'n daad van mishandeling pleeg. Al wat jy hoef te doen, is om te rapporteer dat hy die bepalings oortree het en dan moet die polisie onmiddellik optree.
Deel 5: Verklaring van mishandeling'n Bedigde verklaring deur jou met inligting oor die dade van huishoudelike geweld deur die mishand
Wat gebeur nadat 'n finale beskermingsbevel toegestaan is?
Dit is inligting oor die aansoeker, ook die klaer of klaagster genoem. Jy is die aansoeker, tensy jy namens iemand anders aansoek doen, in welke geval dit inligting is oor die persoon namens wie jy aansoek doen - die persoon wat die slagoffer van mishandeling is. Jy sal die aansoeker se identiteitsnommer, huis- en werkadres, telefoonnommers, werk en verwantskap van die slagoffer (byvoorbeeld vrou, vriend of woonstelmaat) met die mishandelaar (die verweerder) moet verskaf.
Voorkoming van Geweld
Besonderhede oor enigiemand anders wat ook geraak word deur die huishoudelike geweld, hoe hulle geraak word en of enigeen van hulle gestremd is.
Misdaad, Regte en Justisie
lewensmaats van dieselfde geslag is, ongeag of julle saamwoon of nie;
Deel 1: Die aansoeker
Onder watter omstandighede sal die beskermingsbevel afgewys word (nie toegestaan word nie)?
Deur om 'n beskermingsbevel aansoek te doen, dien jy nie 'n kriminele klagte in nie en jy hoef nie 'n kriminele klagte in te dien om 'n beskermingsbevel te kry nie. Indien jy egter die slagoffer is van 'n vorm van huishoudelike mishandeling wat ook 'n misdaad is, kan jy, indien verkies, aansoek doen om 'n beskermingsbevel, of 'n kriminele klagte indien, of albei doen. Dade van mishandeling wat ook misdade is, sluit in gewone aanranding, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike besering te veroorsaak, onsedelike aanranding, verkragting, bloedskande, poging tot moord, kwaadwillige beskadiging van eiendom, die rig van 'n vuurwapen, en dieremishandeling.
met mekaar getroud is of was, ongeag of julle saamwoon of nie;
Wat gebeur nadat die tussentydse bevel toegestaan is?
Deel 3: Die verweerder
n seksuele verhouding het of gehad het, selfs vir 'n kort rukkie;
dat jou mishandelaar jou huur, verband of ander nooduitgawes moet betaal;
Wat gebeur indien die tussentydse bevel nie toegestaan word nie?
die ouers van 'n kind is, of dieselfde huis of woonplek deel of onlangs gedeel het.
dat jou mishandelaar geen daad van huishoudelike mishandeling mag pleeg nie;
Wanneer sal die tussentydse beskermingsbevel toegestaan word?
Wanneer jy in besit is van die beskermingsbevel en jou mishandelaar oortree die bepalings van di beskermingsbevel, is dit 'n misdaad en kan hy vervolg word vir die misdaad of vir minagting van die hof (selfs al is die oortreding van die bepalings nie normaalweg 'n misdaad nie, byvoorbeeld beheersugtige gedrag). Indien die oortreding van die bepalings op sigself 'n misdaad is, byvoorbeeld aanranding, kan hy vervolg word vir minagting van die hof sowel as aanranding.
Beskerming teen huishoudelike mishandeling
Vorm 2 is by polisiestasies en howe beskikbaar asook by hierdie webadres, maar die polisie kan jou dalk na die howe stuur vir hulp om die vorm in te vul. Die polisie behoort ook vir jou Vorm 1 te gee, 'n dokument wat jou regte verduidelik. Indien jy beseer is of 'n ander plek moet vind om te bly as gevolg van die mishandeling, moet die polisie jou help om mediese behandeling te kry en jou help om 'n veilige plek te vind om te skuil.
Wat gebeur op die keerdag?
dat die polisie saam met jou moet gaan en jou moet help om jou persoonlike besittings te gaan haal, en dat jou adres mag nrens op die beskermingsbevel verskyn nie.
Die woorde 'huishoudelike verhouding' dek talle verhoudings. Jy is in 'n huishoudelike verhouding met iemand indien julle:
Vorm 2 bestaan uit 'n aantal afdelings.
Deel 4: Ander wat geraak word
Indien jy vir jouself aansoek doen, hoef jy nie hierdie deel in te vul nie. Indien jy egter namens iemand anders aansoek doen, moet jy hierdie inligting oor jou verskaf. Dit sluit in jou identiteitsnommer, huis- en werkadres, werk en verwantskap met daardie persoon (byvoorbeeld vriend, berader of polisie), rede vir die aansoek, en of jy die persoon namens wie jy aansoek doen se toestemming het.
Waarheen moet ek gaan?
Inligting oor die mishandelaar (die verweerder) sluit in sy identiteitsnommer, huis- en werkadres, telefoonnommers en werk. Die adresse is baie belangrik. Indien jy nie die adresse ken nie, behoort jy enige inligting te verskaf oor waar hy aangetref kan word, soos klubs of vriende wat hy dalk dikwels besoek. Dit is sodat die balju of polisie hom kan opspoor.
Party howe het 'n vertrek wat opsygesit is om gevalle van huishoudelike geweld te oorweeg. Vrywilligers is soms beskikbaar om jou te help om Vorm 2 in te vul, en die griffier sal jou dalk ook kan help. Die griffier sal ook vir jou Vorm 3 gee, wat verduidelik hoe die beskermingsbevel werk en jou waarsku teen leuens wanneer jy Vorm 2 invul, want dit is 'n kriminele oortreding.
Moet ek self aansoek doen? Kan ek namens iemand anders aansoek doen?
Skuilings vir Mishandelde Vroue
fisieke mishandeling seksuele mishandeling emosionele mishandeling verbale mishandeling sielkundige mishandeling ekonomiese mishandeling intimidasie bekruipery skade aan eiendom die betreding van jou eiendom sonder jou toestemming, wanneer julle nie saamwoon nie enige ander beheersugtige gedrag wat jou veiligheid, gesondheid of welsyn kan benadeel
Die soort beskerming wat jy in 'n beskermingsbevel kan kry, sluit voorwaardes in:
Iemand anders kan namens jou aansoek doen. Al wat hulle nodig het, is jou geskrewe toestemming om dit te doen. Indien jy 'n kind is (onder 18 jaar), verstandelik gestrem, bewusteloos, of om enige ander rede nie in staat is om toestemming te gee nie, kan iemand anders sonder jou toestemming namens jou aansoek doen. Indien jy 'n kind is, kan jy sonder jou ouers, voog of enigiemand anders se bystand om 'n beskermingsbevel aansoek doen. Indien jy namens 'n kind aansoek doen, kan jy dit sonder die kind se ouers, voog of enigiemand anders se bystand of toestemming doen.
Voordat jy 'n beskermingsbevel kry, kan jy taamlik gou 'n tussentydse beskermingsbevel kry deur sekere vorms in te vul, en di tussentydse bevel sal 'n datum spesifiseer wanneer die finale bevel oorweeg sal word (die keerdag). As 'n finale bevel eers uitgereik is, is dit blywend en kan dit slegs verander word deur by die hof aansoek te doen.
dat die polisie beslag moet l op enige vuurwapens of gevaarlike wapens in jou mishandelaar se besit;
Die eerste stap om 'n beskermingsbevel te kry, is om 'n vorm bekend as Vorm 2: Aansoek om 'n Beskermingsbevel in te vul.
