Al die betrokkenes het die Diensbillikheidsplan aanvaar. Hierdie plan dui aan hoe die Tesourie sy arbeidsmag sal diviersifiseer om daardeur die demografie van die Wes-Kaap te weerspiel. Dit dui ook aan hoe onbillike diskriminasie in die werkplek uitgeskakel sal word.
Die Provinsiale Tesourie in die Wes-kaap en Polekwani in die Noordelike Provinsie is gedentifiseer as proefterreine vir die implementering van leerderskap in openbaresektorrekeningkunde wat op 2 April 2003 provinsiaal en op 20 Junie 2003 nasionaal van stapel gestuur is. Hulle was die eerste staatsdiensinstellings wat hierdie soort opleiding aangebied het.
Kontantvloeiprosedures en -prosesse wat deur ons ontwikkel is, word deur die Nasionale Tesourie beskou as die norm vir effektiewe provinsiale kontantvloeibestuur. Hierdie prosedures en prosesse het tot gevolg die maksimum renteopbrengs en vorm so die grootste deel van die finansiering agter iKapa elihlumayoi.
Daar is 'n toenemende ingesteldheid op die versterking van eie Provinsiale inkomstebronne. Dit het meegebring dat daar 'n bestendige toename was in ons inkomste die afgelope vier jaar sodat die bruto bedrag in 2003/04 oor 'n miljard rand was. Ander inkomstegenererende inisiatiewe soos die instelling van 'n brandstofheffing en 'n toerismebedheffing word ondersoek.
Enkele van die Provinsiale Tesourie se Prestasies
Die Wes-Kaapse Fiskale Beleid 2001 - 2004, 2002 - 2005 en 2003 - 2006
n Wes-Kaapse Provinsiale Voorkeurverkrygingsbeleid is ontwikkel en gemplementeer om te help met die volhoubare ontwikkeling en implementering van 'n voorkeurverkrygingstelsel.
n Elektroniese Aankoopstelsel (Sourcelink) is ingestel wat gelei het tot vinniger reaksie en omkeertyd vir kleiner tenders.
In 2002 het die Tesourie die eerste volledige Werkplekvaardigheidsplan (WVP) ontwikkel tesame met 'n omvattende vaardigheidsoudit wat aan die betrokke Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SOOO) voorgel is.
Die dokument l ook klem op die Provinsiale Tesourie se belangriksteprestasies van sy ontstaan in 1995 af.
Benewens leerderskappe is 'n rekordgetal beurse toegeken aan Tesouriepersoneel in ons eerste poging om 'n lerende organisasie te word.
n Totale omskakeling van tjeks na elektroniese geldoordrag is ingestel omdat dit meer koste-effektief is.
Die Wes-Kaapse Inkomste- en Uitgawebeleidsraamwerk 2000/01 - 2002/03
Weens uitgediende en ontoereikende stelsels vir die bestuur en beheer van verbruiksgoedere en roerende bates is begin met die toepassing van die Logistiese Inligtingstelsel (LOGIS) by 41 Provinsiale kantore (veral Gesondheid) vir die bestuur van voorraad ter waarde van meer as R1,3 miljard.
S &gt Enkele van die Provinsiale Tesourie se Prestasies
Provinsiale Tesourie (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
n Verskaffersdatabasis is ontwikkel in samewerking met die Eenheidstad. Dit akkrediteer verskaffers en lys hul HBI-status (HBI = histories benadeelde individue).
Deur die SOOO vir Finansile en Rekeningkundige Dienste is ons interne opleidingshandleidings herontwerp as verwysingsmateriaal en kursusmateriaal is ontwikkel in 'n uitkomsgebaseerde modulre formaat om te voldoen aan SAKO (Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid) en die NKR (Nasionale Kwalifikasieraamwerk) se vereistes vir akkreditering.
Ons het begin met die formulering van fiskale beleid wat riglyne verskaf oor die manier waarop Provinsiale hulpbronne in die begroting toegeken behoort te word en sorg vir groter openbare deursigtigheid in die begrotingsproses. Dit sluit die volgende in:
Die Wes-Kaap was die eerste Provinsie wat sy eie evaluering van werklike begrotings voorgel deur departemente uitgevoer het om vas te stel of hierdie begrotings betekenisvol was en of hulle die beginsels van iKapa elihlumayo.ondersteun het.
n Verkrygingswebtuiste is tot stand gebring wat al die tersaaklike inligting bevat wat verlang word deur mense wat wil tender vir Provinsialeregeringskontrakte.
Die Wes-Kaapse Dobbelary- en Wedrenwysigingswette van 2003 het 'n groot ekonomiesebemagtigingstransaksie in die casino-bedryf moontlik gemaak.
Die WK Tesourie was die eerste inrigting wat volle akkreditering ontvang het as werkplekopleidingsinrigting: Geen ander private of openbare inrigting in die land het tot dusver volle akkreditering ontvang nie. Dit was ook 'n eerste vir die SOOO vir Finansile en Rekeningkundige Dienste.
