Deelnemers word dan geplaas in poste in die Athlone-, Retreat-, Mitchellsplein- en Khayelitsha-gemeenskappe, waar hulle vrywillige werk doen. Werksopleiers besoek die deelnemers by die gemeenskapsplasings om hulle voortgesette steun te gee en hulle vordering te monitor.
Organisasies en ondernemings in die volgende gemeenskappe kan voordeel trek uit die interne en eksterne skoonmaakdienste wat aangebied word deur die Siyanceda-program:
Sel: 082 422 5005
Sel: 084 598 9894
Tel: 021 638 3143
Jongmense wat aan die program deelneem word opleiding gegee wat hulle in staat stel om krediete te verdien in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk.
Die projek word ingestel deur die Kaapse Geestesgesondheidsvereniging met geld van die Umsobomvu-jeugfonds.
Vir Fase 2 is 40 jongmense gekeur uit al die Opleidingslypskole Onbeperk-opleidingsentrums. Elke gekeurde deelnemer ondergaan volledige opleiding in Higine en Skoonmaakdienste en verwante lewensvaardighede.
Tel: 021 712 5880
Organisasies en maatskappye wat daarin belangstel om aansoek te doen om plek te maak vir Siyanceda-deelnemers en gebruik te maak van die skoonmaakdienste wat op 'n vrywillige basis aangebied word kan enige van die Werksopleiers in kantoorure skakel of die Siyanceda-projekbestuurder skakel by 021 638 3143 of e-pos stuur aan stephan@trainingworkshops.co.za.
Om hulle vir toekomstige indiensneming voor te berei, moet die Siyanceda-deelnemers ervaar hoe dit is om in 'n ware werksomgewing te werk. Plasings binne organisasies in uitgesoekte gemeenskappe verskaf ware ondervinding in die werkplek en verskaf 'n waardevolle, gratis diens aan die gemeenskap.
Sel: 073 651 0239
In die eerste fase van die program kry deelnemers vaardighede, werkservaring en uiteindelik werksplasings in die tuinbou-, wassery-, skoonmaak-, kindersorg- en bejaardesorgsektore.
Die Siyanceda-projek is 'n inisiatief van die Kaapse Geestesgesondheidsvereniging as deel van die Opleidingslypskole Onbeperk-programme. Met die program word jongmense met matige intellektuele gestremdhede opgelei om sekere tipes werk te doen. Hulle word dat geplaas in organisasies binne die gemeenskap waar hulle praktiese ervaring opdoen in die werksomgewing. Regdeur die opleidings- en plasingstydperk (18 maande) kry die jongmense ook opleiding in lewensvaardighede en steun van 'n werksopleier om hulle voor te berei vir indiensneming in die ope mark.
Sel: 082 406 8162
Daar word net van die organisasie verwag om vir skoonmaakmateriaal te betaal.
Maak jongmense met intellektuele gestremdhede betrokke by gemeenskapsdiens.
Jongmense met intellektuele gestremdhede kan aansoek doen om aan te sluit by die Opleidingslypskole Onbeperk-program. Deelnemers aan die Siyanceda-projek word gekies uit diegene wat betrokke is by die slypskole.
Sel: 073 521 7630
Tel: 021 376 7809
Die verskaffing van opleiding en praktiese ervaring aan jongmense met matige intellektuele gestremdhede.
Mense met Gestremdhede
Tel: 021 361 1936
Ministerie van Arbeid
