Die Wes-Kaapse Departement Landbou se subprogram verantwoordelik vir plaaswerkersake het onlangs 'n projek genaamd Water Wise van die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) befonds om plaaswerkerkinders in die gebiede van Worcester, Mosselbaai, die Kaapse Metropool en Knysna, bewus te maak van water en hulle op te lei in die veilige benutting van waterbronne.
Departement van Landbou help maak plaaskinders waterwys
In hierdie wonderlike sonnige land van ons waar ons graag in die water wil baljaar, is dit tragies dat verdrinking die tweede hoogste rede vir sterfte as gevolg van beserings is," het Cobus Dowry, Wes-Kaapse Minister van Landbou, ges tydens die bekendmaking van hierdie projek by die Brandvleidam buite Worcester. "Baie Suid- Afrikaanse jongmense en kinders word aan water aktiwiteite blootgestel sonder dat hulle weet van die potensile gevare van water in die see, damme, riviere, mere en reservoirs. Die doel is om aan 5000 kinders praktiese ondervinding van CPR te gee."
Hierdie NSRI Water Wise projek bestaan uit 'n reeks werkwinkels wat daarop gemik is om kinders en jongmense op te voed om met verantwoordelikheid en kennis die waterbronne te kan geniet. Vaardighede sluit in kennis van veiligheidsmaatrels in en naby water ten opsigte van getye seestrome, windrigtings en plaaslike omstandighede, wat om in 'n noodgeval te doen; wie om te kontak en aksies wat geneem moet word terwyl daar op hulp gewag word. Die werkswinkel leer jongmense die basiese beginsels van eerstehulp en die belangrikheid van die eerste paar minute wat krities is vir die pasint.
Dit is veral by voorheen benadeelde en plaaswerkergemeenskappe waar die grootste risiko's voorkom en veral onder die ouderdomsgroepe van 1 tot 4 jaar en dan weer in die groep van 9 tot 14. Daar is feitlik elke dag insidente van verdrinkings of amperse verdrinkings.
Tel: 021 808 5008
