Direktor: Kommunikasie
Minister Uys het die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid se veldtog in samewerking met die Stad Kaapstad vandag by die Tafelsig Gemeenskapsentrum geloods. Ongeveer 150 kinders het by hom aangesluit deur simbolies 'n "rooi kaart" vir polio te wys om die verspreiding daarvan stop te sit.
Suid-Afrika is al vir meer as 15 jaar vry van die poliovirus. Vroer vanjaar het polio in Namibi uitgebreek nadat daardie land vir meer as tien jaar polio-vry was. Die nasionale massa-immuniseringsveldtog word gevoer om ekstra poliodruppels aan soveel moontlik kinders te gee. Dit sal voorkom dat die poliovirus onder onbeskermde kinders sirkuleer. Die veldtog word op kinders jonger as vyf jaar toegespits omdat hulle die kwesbaarste is.
Uitgereik deur:
Nasionale Polio-Immuniseringveldtog: 8 tot 14 Oktober 2006
Gedurende die immuniseringveldtog sal spesiale pogings aangewend word om addisionele immuniseringsposte by alle klinieke, Gemeenskapgesondheidsentrums en gemeenskapsentrums so naby moontlik aan gemeenskappe beskikbaar te stel," het Uys ges. Daarbenewens sal immuniseringspanne wat uit gesondheidswerkers bestaan gedurende die veldtog besoek bring aan dagsorgsentrums, bewaarskole en voorskoolse sentrums.
Tel: 021 483 3235
Direktoraat Kommunikasie: Provinsiale Regering - Wes-Kaap, Departement van Gesondheid
Minister Uys doen 'n ernstige beroep op ouers, voogde, versorgers en die algemene publiek om alle kinders jonger as vyf jaar na hulle naaste kliniek of Gemeenskapgesondheidsentrum te neem om teen polio gemmuniseer te word, ongeag die kinders se immuniseringstatus.
Polio is 'n hoogs aansteeklike siekte wat deur die poliovirus veroorsaak word en hoofsaaklik jong kinders aantas, maar enige persoon wat nie gemmuniseer is nie kan polio opdoen," het Uys ges.
n Gratis immuniseringsveldtog vind dwarsoor die provinsie van die 8ste tot 14de Oktober 2006 plaas, waartydens alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar teen polio gemmuniseer sal word.
Tel: 021 483 2627
Polio kan voorkom word deur kinders op 'n roetine-grondslag gratis by openbare inrigtings in die provinsie teen polio te immuniseer by geboorte, op 6 weke, 10 weke, 14 weke en op 18 maande," s dr Ivan Toms, Uitvoerende Direkteur van Stadsgesondheiddienste.
