In die eerste fase van die projek sal daar gefokus word op die bemarking van IT-klusters, die bou van netwerke en op die benvloeding van IT-beleid.
Departement van die Premier
Indien die nodige befondsing beskikbaar gestel word, sal die projek op 'n jaarlikse grondslag aangebied word.
Hierdie projek streef daarna om die groei van inligting- en kommunikasietegnologie in die Wes-Kaap te bevorder.
In die tweede fase sal die hooffokus val op IT-besigheidsontwikkeling en IT-vaardigheidsontwikkeling.
Die eerste fokusgebied is klusterfasilitering. Aktiwiteite in verband hiermee sluit gebeure in soos uitstallings by plaaslike handelstentoonstellings en werksetes. Dit sluit ook die vestiging van verskeie sektorpublikasies en navorsingsartikels sowel as die versameling van data oor die bedryf en deelname aan verskeie geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling en nywerheidsforums in.
