Die veldtog bestaan uit vyf komponente:
Plakkate n Reeks van vier plakkate, oor Ken jou regte, Spring die Swartlys Vry, Bruikhuur en Kontantlenings is geskep en vir 'n tydperk van ses maande in Metrotreine se waens vertoon.
Die veldtog het sy boodskap op pendelaars gerig wat vir die duur van die rit (per bus, trein of taxi) 'n gevange gehoor is.
Kleiner weergawes van die plakkate word oor 'n tydperk van tien maande in 100 taxi's aangebring.
Aan die gang
Massaveldtog vir verbruikersbewustheid
Die veldtog het laat in Mei 2003 begin toe die eerste plakkate in treine aangebring is. Sedertdien was daar 'n aansienlike toename in die aantal oproepe wat deur die Kantoor van die Verbruikersbeskermer ontvang is. Die Star Taxi Music kassette is ook versprei. Plakkers is sedert einde Julie 2003 in taxi's aangebring. Die sleepwaentjie-advertensies is vertraag.
A-raamsleepwaentjies word vir 72 dae oor 'n tydperk van ses maande by strategiese kruisings, waaronder 'n paar in landelike gebiede, staangemaak. Biljette word terselfdertyd by di kruisings uitgedeel.
Hedendaagse musiek word gratis op kassette aan taxibestuurders voorsien. Hierdie kassette bevat ook 'n 60 sekonde lange klingel/boodskap van die Kantoor van die Verbruikersbeskermer.
Commuter FM radioboodskap n Boodskap word vir twee maande oor Commuter FM uitgesaai en sal na raming nagenoeg 239 000 luisteraars per dag bereik.
Die veldtog is deur Comutanet ontwikkel en gevoer.
Mobiele promosie-eenhede
Dit is 'n ses maande lange massamediaveldtog om lede van die publiek bewus te maak van hulle regte as verbruikers, asook om die bestaan van die Kantoor van die Verbruikersbeskermer en die dienste wat deur die kantoor aangebied word onder hulle aandag te bring.
Om verbruikers meer bewus te maak van hulle regte.
