Die nuwe toerusting kom op die regte tyd, aangesien die feesseisoen gewoonlik 'n baie groter werklas op gesondheidsdienste plaas, hoofsaaklik weens padongelukke en geweld" het Uys gese.
Ons verbeter nie slegs toegang tot beter gehalte mediese diens met die aankoop van hierdie toerusting nie, maar ons vergemaklik ook die taak van ons mediese personeel om daardie dienste te lewer" s Uys.
Die beskikbaarheid van mediese toerusting wat in 'n goeie werkende toestand is, is noodsaaklik vir die lewering van gesondheidsdienste van gehalte ,s Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys. Hy het vandag die Hermanus Hospitaal besoek waar 'n nuwe gastroskoop van R120 000 in ontvangs geneem is asook 3 infusiepompe ter waarde van R30 000 .
Die Gesondheidsstelsel kry 'n hupstoot deur die aankoop van verskeie gesofistikeerde en broodnodige mediese toerusting soos die gastroskoop, X-straal kamers en 'n kolposkoop. Die toerusting sal by inrigtings waar die nood die grootste is, genstalleer word.
Hierdie Desember, as deel van ons Kers-diensleweringsveldtog, sal die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement miljoene bestee aan mediese toerusting in 'n poging om toegang tot mediese dienste van gehalte te verbeter," het Uys ges.
Die departement ondervind'n toename in die aantal pasinte en dit gaan gepaard met 'n groter vraag na mediese dienste. Tesame met die feit dat toerusting by gesondheidsinrigting dikwels verouderd is, is nuwe toerusting as 'n prioriteit gedentifiseer. In hierdie finansiele jaar sal die departement bykans R130m aan nuwe toerusting spandeer.
Verklaring Insake Nuwe Mediese Toerusting vir Openbare Gesondheidsinrigtings om Toegang tot Gesondheidsorg van Gehalte te Bevorder
