Tuissorg is ook 'n belangrike deel van gemeenskapssorg wat verseker dat verbruikers toegang het tot nabygele versorgingsdienste. Sulke dienstebemoedig deelname van mense in die onmiddellike omgewing, bemoedigtradisionele gemeenskapsbetrokkenheid en voorsien in die behoeftes vanmense.
Minister Uys s die diens is beskikbaar aan mense met geestelike, fisiese, emosionele en maatskaplike behoeftes. Die Departement se doelwit is om reeds voor Kersfees 2005 tuissorgdienste aan meer as 9 000 pasinte op alle gesondheidvlakke, waarvan 3 500 terminale pasinte is, te verleen. Mense wat vir tuissorg kwalifiseer sluit in die wat beroertes gehad het , HIV en Vigs-lyers, fisiek of geestelik gestremdes, verswakte bejaardes en terminale siekes in.
Tuissorg verleen basiese verpleegsorg deur formele en informele versorgers aan siek mense in hul eie huise. Die program is ook daarop gemik om pasinte se maksimum gesondheid- en gemaksvlakke te verseker, asook versorging tot en met 'n waardige dood.
Verklaring deur Provinsiale Gesondheidsminister Pierre Uys insake die Verstewiging van Tuissorgdienste in die Wes-Kaap
Tuisversorgers van verskeie organisasies het almal 'n tuissorgkursus voltooi wat deur die Departement van Gesondheid bestuur word. Voortdurende indiens opleiding word deur die Departement verskaf om bevoegdheid te verseker.
Tuissorg is nie n 24-uur diens wat die familie as die primre versorger wil vervang nie, maar is bedoel om ondersteuning te bied en verligting te bring" s Uys.
Die belangrike rol wat tuissorg in die Wes-Kaap se gesondheidsdienste vervul is vandag weereens beklemtoon deur min. Uys tydens sy besoek aanCitrusdal se tuissorgwerkers.
