Ons nuwe ses-bed trauma-eenheid met sy eie wagkamer, konsultasiekamer, spesiale stoele vir asmalyers, nuwe ruskamers wat ook vir gestremdes geskik is en 'n eie roukamer, is 'n groot verbetering op die ou vier-bed trauma-eenheid wat gesukkel het om die daaglikse toeloop te hanteer," s Uys. Die sentrum bedien die gemeenskappe van Elsiesrivier, Matroosfontein, Leonsdale, Eureka, die Clarke en Balvenie landgoede, Epping, The Range, Connaught Landgoed en Uitsig. Na-ure bedien die sentrum ook diehele Tygerberg sub-distrik - in totaal sowat 434 000 mense.
Bykomend tot die opgegradeerde eenheid, is die gesondheidssentrum met 'ngesentraliseerde suurstof-stelsel toegerus wat die ou mobiele stelsel vervang asook 'n nuwe interkom en brand alarmstelsel.
Die opgradering van ons gesondheidsgeriewe in die provinsie is n deurlopende proses en daar word voorkeur gegee aan daardie sentrums waar die nood die grootste is. Ons doel is om goeie geriewe te skep wat vir almal toeganklik is," s Uys.
n Gemoderniseerde en uitgebreide trauma-eenheid wat feitlik die kapasiteit van die ou eenheid by die gesondheidssentrum op Elsiesrivier verdubbel, is hierdie week deur die Wes-Kaapse Gesondheidsminister, Pierre Uys, vir die publiek oopgestel.
