Die Stad het 'n diensleweringsbegrotingsplan vir 2006/7 en 'n drie-jaar kapitale plan van R8,4 miljard goedgekeur. Die dienste wat gelewer word, word onder 68 departemente verdeel, en sluit in water en rioleringsinfrastruktuurprojekte tot die opgradering van munisipale geriewe. (C33/01/07)
Stad en Provinsie ruil grond vir behuising
Vyf stukke grond wat vir die N2 Gateway projek geoormerk is, sal deur die Stad Kaapstad aan die Provinsiale Departement van Plaaslike Regering en Behuising oorgedra word. Die eiendomme is Joe Slovo in Langa, New Rest in Guguletu, Boystown in Crossroads, Delft dorpe 7-9, en Delft Symphony. In ruil daarvoor onderneem die provinsie om die Stad se behuisingstoekenningsbeleid toe te pas; grond te gee in Ocean View, wat die stad benodig om klip te stoor wat van 'n aangrensende behuisingsontwikkeling verwyder word; en grond oor te dra in Blackheath wat die Stad benodig om die Happy Valley behuisingsprojek te implementeer. (C32/01/07)
Die Stadsraad het die uitleg van die Claremont Boulevard, wat die ou Claremont verbypad vervang, goedgekeur. (C15/01/07)
Stad kry R2,3 miljoen vir waterprojekte
Die Stadsraad het die besteding van 'n R2,3 miljoen-skenking, voor die einde van Junie 2007, van die Nasionale Departement van Waterwese en Bosbou goedgekeur vir die gemeenskapsgebaseerde Masibambane projekte. (C14/01/07)
Geen verandering aan munisipale grense
Kaapse Vlakte kry drie verdere natuurterreine
Stadsoorsig: Nuusbrokkies uit die Raadsvergaderings van die Stad Kaapstad van 31 Januarie 2007
Die Munisipale Afbakeningsraad het 'n voorstel om die Drakenstein Munisipaliteit, Kaapse Wynland en Stellenbosch by Kaapstad in te sluit, verwerp. Die raad het ook besluit om twee Weskus-plase uit Kaapstad se munispale grense te onttrek en by die Swartland en Weskus munisipaliteite te voeg. (C12/01/07)
Kaapstad stel nuwe Onder-burgemeester aan
Die Kaapse Vlakte Natuur-inisiatief, wat daarop gerig is om 'n volhoubare bestuur van stedelike natuurbewaringsterreine in die stad Kaapstad te vestig, gaan met drie verdere biodiversiteit netwerke uitgebrei word - by Harmony-vlakte, Mamre en Silverstroomstrand. Di uiters suksesvolle vennootskap, wat in 2002 van stapel gestuur is, het kapasiteit geskep vir vier loodsprojekte by Wolfgat Natuurreservaat, Macassar-duine, die Edith Stephens Vleilandpark en Harmony Vlakte Natuurreservaat. Kaapse Vlakte Natuur het R307 000 verkry vir die nuutste uitbreiding en die Stad sal die bydrae vir die tydsduur van die twee-jaar projek nadoen. (C10/01/07)
Tel: 400-1292
