Telefoon: 021 483 3865
Uitnodiging na Gevaarlike Afal Bestuursplan Werksessies
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Telefoon: 021 483 2756
Alle belangstellende en betrokke partye in die Wes-Kaap Provinsie word uitgenooi om deel te neem aan die volgende werksessies wat gerig is om 'n konsepplan vir die bestuur van gevaarlike afval in die Wes-Kaap Provinsie te bespreek.
Antwoord asseblief:
Faks: 021 483 2979 of 021 483 4425
Ten einde die prioriteitsdoelwitte van die Nasionale Afvalbestuurstrategie te verwesenlik het die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning begin met 'n projek ter ontwikkeling van 'n Plan vir die Bestuur van Gevaarlike Afval (PBGA) vir die Provinsie Wes-Kaap. Met hierdie plan word beoog om die manier waarop in die Wes-Kaap met gevaarlike afval gewerk word, te verander. Die bedoeling is om rekenpligtigheid, wieg-tot-graf-bestuur, en die hirargiese benadering van gevaarlike afval bestuur te bevorder met beklemtoning op die vermindering van gevaarlike afval.
