Die Departement van Landbou(Wes-Kaap) het reeds sedert Februarie 2004 'n bedrag van bykans R11 miljoen bestee om boere te help.
Na aanleiding van die geweldige afmetings wat die drooogte in sekere dele van die Wes-Kaap besig is om aan te neem, het die Wes-Kaapse Departement van Landbou reeds by die Nasionale Departement van Landbou aansoek gedoen om verdere befondsing vir hulp aan drooggeteisterde boere.
Die hulp aan boere deur die Departement geskied by wyse van 'n proses van subsudiering vir voeraankope by koperasies en is bepaal op 30 groot vee-eenhede per maand per boer.
Ek sal volgende week van die areas besoek en sal ook met kleinboere in die Hopefield omgewing ontmoet ten einde my persoonlik van toestande te vergewis.
Wes-Kaap Doen Aansoek vir Verdere Hulp by Nasionale Regering
