Die ideaal is om al ons gemeenskappe in staat te stel om 'n normale lewe te lei wat vry is van beperkinge wat infrastruktuur of die gebrek daaraan stel. Dit is waarom GMIP se bydrae so waardevol is, en waarom die program so 'n groot rol te speel het in armoedeverligting. Deur GMIP l die Departement van Plaaslike Regering in die Wes-Kaap 'n stewige fondament vir die provinsiale visie van iKapa elihlumayo: Hoop, Lewering & Waardigheid vir die volgende dekade.
Daarom is dit 'n voorreg om 'n bedrag van R3,4 miljoen te oorhandig aan die Burgemeester van die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit vir infrastruktuur projekte in Murraysburg. Hierdie fondse is bewillig uit die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program. (GMIP) Die volgende projekte in Murraysburg sal hieruit befonds word: Die opgradering van stormwaterdreinering, nuwe homasbeligting, opgradering van sportfasiliteite, en die opgradering van die hoof rioolpompstasie.
Regoor die Wes-Kaap laat GMIP sy teenwoordigheid geld in alle gemeenskappe. Daar is tans 154 infrastruktuur projekte, in alle fases van konstruksie, met 'n totale waarde van R 247,02 miljoen wat regoor die provinsie gemplementeer word. In die huidige finansile jaar befonds die Departement van Plaaslike Regering deur die GMIP program 'n bedrag van R183,7 miljoen.
Is 2 projekte ter waarde van R17,2 miljoen in die goedkeuringsproses.
In die huidige finansile jaar is reeds: 17 projekte ter waarde van R8,85 miljoen voltooi, projekte ter waarde van R166,4 miljoen in konstruksie fase, projekte ter waarde van R54,5 miljoen in ontwerp en tender fase, en;
Daar is nie 'n gemeenskap in die Wes-Kaap wat nie geraak word deur die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program van die Wes-Kaap nie. Van die kleinste dorp, regdeur tot in Kaapstad word gemeenskappe se behoeftes in ag geneem en word projekte geloods wat 'n direkte positiewe impak het op die lewenskwaliteit van gemeenskappe - Dit geld ook vir Murraysburg, 160 km vanaf Beaufort-Wes wat 'n bevolking van 6082 het.
Provinsiale Regering Gee Om - Selfs Vir Die Kleinste Gemeenskap
Sel: 083 775 5312
