Navorsing deur ekonome van die Departement van Landbou op Elsenburg toon dat vrye monitre en kommoditeits markte steeds die meeste voordele vir die ekonomie inhou, maar daar is 'n dringende behoefte aan effektiewe strategiese beplanning, finansile risikobestuurstelsels en dat die vereiste gebeurlikheidsbeplanning in plek moet wees.
Landbou is die enigste sektor waar daar 'n toename was in werksgeleenthede. Statistieke toon aan dat die gemiddelde besoldiging van plaasarbeiders in die Wes-Kaap 25% hor is as die gemiddelde in Suid-Afrika. 'n Sterker rand kan dit waarskynlik drasties verander. Oor die langtermyn kan 'n sterker rand, gepaardgaande met die droogte noodwending strukturele veranderings vereis ten einde die doelwitte van IKAPA ELIHLUMAYO - die groeiende Kaap, te bereik.
Die groei van die rand het positiewe gevolge vir sommige bedrywe, terwyl dit weer ander negatief benvloed. Die toestand in landbou markte affekteer die hele spektrum, vanaf die inkomste van boere tot die handelsbalans. Meer as die helfte van die land se landbou uitvoere kom van die Wes-Kaap af met sowat 60% van die Wes-Kaapse landbouproduksie wat vir die uitvoermark bedoel is. Die fluktuasie van die rand teenoor die meeste geldeenhede sal beslis oor die lang termyn, wesenlike gevolge h.
Die navorsing het ook aangedui dat deelnemers wat 'n direkte belang by die wisselkoers het, hul besigheidsaktiwiteite moet herorganiseer om die fluktuerende aard van wreldmarkte en die wisselkoers, die hoof te bied.
Sel: 084 604 6701
Ons sal saam met ander rolspelers die situasie monitor. Die wisseling wat die rand se posisie teenoor ander groot geldeenhede tot gevolg het, sal later vanjaar in diepte bespreek word tydens die landbouberaad vir die Wes-Kaap.
Tel: 021 483 4700
Effek van die Sterker Rand op Landbou
