Die gebruik van kontemporre argitektuur met Afrika-elemente sal die voorkoms van die stad help transformeer terwyl die argitektoniese skatte van die verlede sy aan sy staan met die nuwe as simbole van versoening, begrip en vooruitgang.
Tweedens, dat pryse nie toegang moet verhinder tot 'n omgewing waar rykdom steeds aan ras gekoppel is nie. Ons as die Provinsiale Regering verwelkom die debat wat gevoer word oor die bewoning van Distrik Ses, die sosiale opheffing van gebiede soos die Bo-Kaap deur die skepping van 'n welvarende middelklas, en eiendomspryse terwyl ons soek na maniere om dit teen te werk."
Premier Verwelkom Beleggings van R2,13 Miljard in Kaapstad
Vir die lang termyn is dit belangrik dat hierdie nuwe golf van ontwikkeling in die stad vier belangrike kenmerke toon: beginsels van gemengde gebruik, rasse- en sosiale integrasie, swart ekonomiese bemagtiging en argitektoniese vernuwing.
Hierdie R2,13 miljard is 'n belangrike paaiement van die R5 miljard wat ons op verlede jaar se Groei-en-ontwikkelingsberaad belowe het om na ons provinsie te bring. As regering is ons daartoe verbind om ons deel te doen terwyl ons die Tuiste vir Almal bou.
Tog is daar twee aspekte van hierdie belangrike ontwikkelings wat kommer wek:
Dit sluit nie aankope en transaksies, die kapitaalwaarde van nuwe huurkontrakte en die verbeterings aan bestaande geboue in nie.
Die Premier het by die nasionale bekendstelling van die ontwikkeling ges: "Ons is trots daarop dat 'n stad soos Kaapstad sulke universele vertroue na sy sakekern lok. Van die beleggings in Kaapstad wat onlangs aangekondig is, is:
Kaapstad het 'n pynlike geskiedenis van skeiding wat steeds sigbaar is in woongebiede wat langs rasselyne verdeel is. Die rasse- en klasse-integrasie van ons fisieke ruimtes is noodsaaklik vir die oopstelling en uitbreiding van die Tuiste vir Almal. Dit is uiters bemoedigend dat die historiese stadskern 'n leidende rol speel om ons mense bymekaar te bring pleks van bloot 'n sentrum van gevestigde rykdom te wees.
Premier Ebrahim Rasool het vanaand om 19:30 in die Internasionale Konferensiesentrum die Icon-ontwikkeling verwelkom as nog 'n bewys van die groeiende beleggersvertroue in die Wes-Kaap en in Kaapstad.
Eerstens, dat die beweging van die sakekern in die rigting van die Waterfront in die weste deur ontwikkelings soos die Konferensiesentrum en die Icon gebalanseerd moet wees. Ons is verbind tot die ontwikkeling van die oostekant van die sakekern deur die restourasie en hernuwing van Distrik Ses, asook die ontwikkeling van die suidoostelike metropool deur nuwe projekte soos die rolprentateljee, die Mitchells Plain-promenade en Khayelitsha se sakekern.
Die ontwikkeling van die Icon deur COESSA, wat 100% in swart besit is, sal 'n mylpaal vir swart ekonomiese bemagtiging wees. Hierdie uiters moderne ontwikkeling van 20 verdiepings op grond wat in 1937 van die see herwin is, is een van die eerstes van hierdie omvang wat deur 'n swart maatskappy onderneem word.
Waaroor ons veral opgewonde is, is dat die naam Icon verwys na die 'Muur van Herinnering' binne-in die gebou. Hierdie uitbeelding sal tot eer strek van die leiers wat prestasies soos di moontlik gemaak het in 'n vry Suid-Afrika. In die konteks van ons visie om 'n Tuiste vir Almal te word, is dit 'n besonder gepaste gebaar.
Dit voel goed om die hyskrane teen die silhoet van ons stad te sien as 'n seker teken van vooruitgang en vertroue. Die boubedryf is weer op dreef om die vaardighede van die Provinsie uit te bou en broodnodige werkgeleenthede te skep.
Parlement se opknapping: R120 miljoen
Rolprentateljee: R460 miljoen
