Ter herdenking van tien jaar van demokrasie het die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, 'n seminaar getiteld Progressiewe Vervulling van Omgewingsregte aangebied. Die seminaar is deur die Departement se Hoofdirektoraat van Omgewings- en Grondbeplanning onder leiding van Me. Dipolelo Elford, aangebied
Hierdie geleentheid het by die Spier Landgoed naby Stellenbosch op 2 Junie 2004 plaasgevind. Nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsleiers, nie-staats en gemeenskaps-organisasies, asook vooraanstaande verteenwoordigers uit die privaat sektor, insluitend nywerheids- en ontwikkelings-gerigte kenners, was teenwoordig.Die tema van die seminaar het elkeen se reg tot 'n gesonde omgewing, wat niemand se gesondheid of welstand nadelig benvloed, beklemtoon. Verder sal die omgewing vir die huidige en toekomstige geslag bewaar en beskerm word. Dit moet bereik word met redelike wetgewing en toepaslike ondersteunende maatrels.
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Tien Jaar van Progressiewe Omgewingsregte
