Sel:083 641 5163
Verklaring Deur Cobus Dowry, Minister Van Landbou in die Wes-Kaap
Daar is via die Nasionale Department van Landbou op 1 Augustus verneem dat drie volstruisplase in die Cradock- Somerset-Oos omgewing van die Oos-Kaap erge vrektes as gevolg van vermoedelike AI (Avian Influenza - Volgriep) ondervind het. Monsters is op versoek na die Wes-Kaap Veterinre laboratorium gestuur wat dit voorlopig as die ho patogene AI gediagnoseer het (wat grootskaalse vrektes in die Ooste veroorsaak het aan die begin van 2004). Die diagnose is nog nie bevestig nie. Aangesien die siekte 'n baie ernstige bedreiging inhou vir die uitvoere van volstruisvleis vanaf die Wes-Kaap volstruis uitvoer abattoirs, is die Oos-Kaap versoek om nie slagvols na die Wes-Kaap te stuur nie, totdat daar meer sekerheid is oor die besmetting.
Sel: 084 604 6702
Dit is ook so bevestig met die SAVBK (Volstruis Besigheidskamer) wat hulle produsente ingelig het. Die verbod sal heroorweeg word indien meer sekerheid oor die beheer vanaf die Oos-Kaap verkry is.
Daar sal teen die einde van hierdie week meer duidelikheid wees oor die tipe virus betrokke en die omvang van die uitbreking in die Wes-Kaap. Ons belangrikste prioriteit is om die Wes-Kaap se volstruis uitvoerbedryf te beskerm. Daarom is daar reeds met rampbestuur van die provinsie geskakel en sal hulle behulpsaam wees met padkontroles en bewegingsbeheer in die Karoo en Oudtshoorngebied.
Tel: 021 483 4700
Die EU sal ons uitvoerstatus ophef indien die siekte na die Wes-Kaap versprei. 'n Vergadering is Maandag 2 Augustus te Bisho tussen die NDA en die Oos-Kaap landbou gehou om die posisie te bespreek en is daar bevestig dat 'n verbod op die uitvoer van slagvols na die Wes-Kaap geplaas is.
