Die WKOD rig 'n spesiale uitnodiging aan werknemers van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering om teen nie later nie as Vrydag 26 November 2004 namens hulle kinders aansoek te doen om plek in die Akademie, indien die betrokke kinders in 2005 tot graad 11 of 12 sal toetree.
Die WKOD bied beurse aan behoeftige leerders, 'n aantreklike en veilige leeromgewing, vervoer van en na die naaste spoorwegstasies vir dagleerders, ervare, hoogs-gekwalifiseerde personeel, moderne fasiliteite en uitstekende sport- en ontspanningsfasiliteite.
Die Akademie het in 2005 plek vir 210 leerders en bied huisvesting aan 60 kosgangers. Die skool onderrig beide seuns en meisies en het aanvanklik in 2004 voorsiening gemaak vir slegs graad 10-leerders. Graad 11 en 12 sal in 2005 en 2006 onderskeidelik volg.
Die Akademie, 'n nuwe skool spesifiek vir leerders met spesiale talente in wiskunde, wetenskap en tegnologie, is in 2004 deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) geopen en vorm deel van 'n brer strategie om die aantal leerders, veral di afkomstig van agtergeblewe gemeenskappe, wat hierdie vakke in matriek op die hor graad slaag, te vermeerder.
Die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie in Constantia, Kaapstad, het nog 'n beperkte aantal plekke beskikbaar vir leerders wat in 2005 tot graad 10 en 11 toetree.
Uitnodiging: Nuwe Skool vir Wiskunde en Wetenskap
