Wanneer die nasionale regering oor n nuwe handelsooreenkoms onderhandel, verbrei die Direktoraat van Nywerheidsontwikkeling inligting oor die ooreenkoms aan uitvoerders en ander belanghebbendes. Benewens die verskaffing van skriftelike materiaal oor die handelsooreenkoms bied die Direktoraat ook werksessies aan. 
Inligting oor Nuwe Handelsooreenkomste (Diens)
Die Direktoraat verbrei aktief inligting oor uitvoeraansporingsprogramme, veral inligting oor nuwe nasionale handelsaansporings. 
n Uitvoersentrum is in die Suid-Kaap in die lewe geroep om uitvoere in die streek n hupstoot te gee. Die Uitvoersentrum is in die Suid-Kaapse Sakesentrum in George gele en verskaf waardevolle advies en handelsinligting aan opkomende en bestaande uitvoerders. 
Belegging, Handel en Nywerheid
Inligting oor Nasionale Aansporingsmaatre ls (Diens)
Die Direktoraat van Nywerheidsontwikkeling help besighede om inligting oor nasionale befondsingsprogramme te bekom. 
