Volgens ons inligting is die bogenoemde werkgewer oorlede. Die boedel kan nie deur die Meester van die Hooggeregshof by ... gevind word nie. Verskaf asseblief die volgende inligting: Die oorledene se volle name en van. Die oorledene se identiteitsnommer. Datum waarop hy/sy dood is. Die presiese datum wanneer die laaste werknemer van die oorledene/boedel se diens afgedank is. Naam en adres van die Uitvoerder wat aangestel is. Naam en adres van die nuwe eienaar/huurder van die besigheid of plaas. Die oorledene se boedelnommer. Bevestig as die besigheid/plaas met al die bate en laste oorgeneem is. Indien nie, voltooi asseblief die registrasievorm wat aangeheg is. Wie was verantwoordelik vir die betaling van R ... wat ek op die ... ontvang het. (die erfgenaam of die Boedel se Nuwe Eienaar)
