Na afloop van die formele verrigtinge sal verversings aangebied word. Alle belangstellendes is welkom. Toegang is R15,00 per persoon. Vir verdere besonderhede kan Helena Smit by 051-4054034 of Leana Lategan by 051-4054012 geskakel word.
Op Donderdag 14 Oktober 1999 om 19:00 word die bekroonde skrywer George Weideman se nuwe roman, Draaijakkals, in die ouditorium van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) bekendgestel. Die skrywer sal self teenwoordig wees om eksemplare van sy boek wat te koop aangebied sal word, te teken. Prof. Hennie van Coller van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Vrystaatse Universiteit is die gasspreker.
