Klas 3 = Kanselier van die Orde van die Baobab (Brons).
Negehoekige fatsoen - 'n negesydige veelhoek in die agtergrond versinnebeeld die talle verskillende gebiede waarop 'n bydrae en diens gelewer kan word vir die skep van 'n nasie wat voorspoedig is en vooruitgaan. Die ikoon versinnebeeld ook die nege provinsies van ons land.
Die Baobab is 'n belangrike element in talle agrobosboustelsels in Afrika. Die boom voorsien bas vir die maak van kledingstof en tou, vrugte vir kos en brandstof, en baie ander nuttige produkte. Die bekende, bre wortelstelsel wat duidelik bo die grond uitsteek ondersteun 'n massiewe boom wat in tradisionele Afrika-gemeenskappe algemeen bekend is as 'n plek waar baie belangrike vergaderings gehou word en 'n plek van beskutting.
Hierdie Orde is genspireer deur die Baobab (kremetart), 'n tropiese boom in Afrika. Die oorsprong van die woord Baobab is verweef met die talle ryk legendes en geheimenisse van Afrika. Hierdie boom is waarskynlik meer dikwels as enige ander boom in Afrika beskryf; onder andere weens sy lewenskrag, en die magiese en simboliese waarde wat hy vir die inheemse bevolking inhou. Die uithouvermo en verdraagsaamheid wat die boom in sy oudwordproses aan die dag l, weerspiel die volgehoue en uitnemende diens aan Suid-Afrika wat deur hierdie Orde bekroon word. Insgelyks word die volgehoue en groeiende statuur van Suid-Afrika steeds deur die diens wat gelewer word, in stand gehou.
Wetenskap, medisyne en tegnologiese innovering
Die sakewreld en die ekonomie
Hierdie Orde word in drie klasse toegeken:
Gemeenskapsdiens.
Die Orde van die Baobab
Kernmotief/simboliek
Buitenste organiese houervorm - die afwerking het die tekstuur van 'n kremetart se bas; die bas word algemeen vir die maak van matte en hoede gebruik.
Baobab (kremetart of Adonsonia Digitata) - bekend om sy wortels en lang lewensduur. Voorsien nie net skadu en vergaderplek nie, maar speel ook 'n kernrol in die onderhoud van die gemeenskappe waar hy groei.
Hierdie Orde word vir uitnemende diens aan Suid-Afrikaanse burgers toegeken. Die diens waarvoor die toekenning gemaak word, baie groter en heeltemal buite die gewone plig l. Dit is 'n toekenning vir buitengewone en uitnemende bydraes in die volgende kategorie:
Klas 2 = Grootkanselier van die Orde van die Baobab (Silwer)
Klas 1 = Opperkanselier van die Orde van die Baobab (Goud)
