Jy moet na jou plaaslike primregesondheidsorgkliniek gaan.
In die intensiewe fase word vier verskillende geneesmiddels in tabletvorm vir vyf dae 'n week vir twee tot drie maande lank geneem.
Behandeling vind in twee fases plaas:
Die klint word by 'n primregesondheidsorgkliniek ondersoek en gevra om 'n sputummonster te gee en 'n tweede een die volgende dag. Hierdie monsters word na 'n laboratorium gestuur en binne 48 uur is die uitslae beskikbaar. Al is slegs een van die twee positief, dui dit reeds op TB-infeksie.
Die TB-Beheerprogram se doelstelling is om 80% van mense met TB te identifiseer en om hulle met die eerste poging te genees. Die program is ook 'n poging om die poel mense wat aansteeklik is, te identifiseer.
Die Regering van Suid-Afrika
Die Departement van Gesondheid is besig om 'n gentegreerde strategie teen TB en MIV/vigs te aanvaar. Tans word vrywillige berading en toetsing (VBT) aan TB-klinte gebied, met die doel om vroe sterftes en siekte te verminder. Cotrimoxazole profilakse (middels wat longontsteking behandel) word aan individue gegee wat beide infeksies het.
Die tweede fase is die voortsettingsfase, waar twee geneesmiddels vir vyf dae 'n week vir vier tot vyf maande lank geneem word. TB-klinte wat vir die eerste keer behandel word, moet vir ses maande behandeling ontvang, terwyl klinte wat voorheen TB gehad het, die TB-medisyne vir agt maande moet neem. As daar newe-effekte van die medikasie is, moet die klint na die kliniek terugkeer. Sputumtoetse word twee maande na die behandeling begin het, weer gedoen om die vordering te moniteer, en weer vyf of sewe maande later om te bevestig of die klint genees is.
Kinders met TB ontvang ander geneesmiddels en word slegs vir vier maande behandel. Om TB te probeer voorkom, behoort babas met die BCG-inentingstof gemmuniseer te word wat gratis by alle primregesondheidsorgklinieke beskikbaar is. TB-meningitis is 'n ernstige siekte by kinders en kan tot die dood lei. As daar so 'n vermoede is (simptome sluit 'n stywe nek in), moet die kind onmiddellik na die kliniek geneem word.
Die Departement van Gesondheid het die Wreldgesondheidsorganisasie se DOTS-metode (direk waarneembare kortkursusbehandeling) aangeneem om te verseker dat pasinte die behandeling volhou. DOTS word in die meeste klinieke in die Wes-Kaap toegepas. 'n Belangrike strategiese element is die bystand en aanmoediging wat aan TB-klinte vir die hele behandelingsperiode van ses tot agt maande gegee word, waar klinte direk waargeneem word terwyl hulle hul medikasie by die kliniek gebruik.
Die MIV-epidemie het 'n geweldige vermeerdering in die getal TB-gevalle tot gevolg. TB, 'n opportunistiese infeksie, is verantwoordelik vir 'n derde van alle sterftes van MIV-genfekteerde persone. Mense met MIV is baie meer vatbaar vir TB-infeksie en is minder in staat om dit te beveg.
Santa Wes-Kaap: tel. 021 715 8901 vir meer inligting oor takke in die Wes-Kaap
As die uitslag positief is, sal die klint berading ontvang en ingelig word oor die voordele van die TB-beheerprogram. As beide sputummonsters positief is, vind behandeling dadelik plaas. 'n X-straal kan ook gedoen word maar die sputumtoetse bevestig reeds die diagnose. As die TB-infeksie ernstig is, sal die klint na 'n gespesialiseerde TB-kliniek verwys word.
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Op gemeenskapsvlak word DOTS onderneem deur nie-regeringsorganisasies (NRO's) wat vrywilligers gebruik as "behandelingsondersteuners". TB-NRO's werf en lei gemeenskapslede op om as behandelingsondersteuners vir TB-klinte te funksioneer en hou toesig oor hulle. Ondersteuners verwys TB-klinte na die kliniek waar nodig. Die Kaapse Technikon bied opleiding vir mense wat TB-ondersteuners wil wees. Skakel 460 3197 vir meer inligting.
Die volgende private organisasies kan ook hulp verskaf:
