As jy inligting nodig het oor hoe om swangerskap te verhoed na onbeskermde seks, kan jy in verbind tree met die Nood-voorbehoedingsblitslyn by 0800 2 46 4 32 of besoek www.not-2-late.co.za.Die blitslyn kan jou die name en nommers gee van gesondheidslui in jou gebied wat nood-voorbehoeding aan jou kan verskaf.
Die Regering van Suid-Afrika
Voorbehoeding (Gesinsbeplanning) (Diens)
Nood-voorbehoeding kan help om 'n onbeplande swangerskap te voorkom. Hoewel Nood-voorbehoeding tot 120 uur (5 dae) na onbeskermde seks gebruik kan word, behoort verkieslik binne 72 uur (3 dae) daarmee begin te word. Dit is die doeltreffendste as dit geneem word binne 24 uur na seks.Nood-voorbehoeding bekerm NIE teen MIV en vigs nie.
Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
