Reproduktiewe gesondheid is die gesamentlike verantwoordelikheid van 'n paartjie. Daarom speel mans 'n belangrike rol en behoort hulle hul regmatige deel van die verantwoordelikheid vir voorbehoeding en vir die gebruik van kondome te dra, om sodoende beide ongewenste swangerskappe sowel as die verspreiding van seksueel oordraagbare infeksies (SOI's), insluitende MIV/vigs, te voorkom. Mans en vroue behoort hul lewensmaats te raadpleeg oor die keuse van voorbehoeding en hulle moet oor 'n gemeenskaplik aanvaarbare metode van voorbehoeding onderhandel, asook oor wie die primre gebruiker moet wees. 'n Vasektomie is byvoorbeeld 'n baie geringe prosedure vir 'n man om te ondergaan.
In die lig van wye beriggewing oor jong mans wat sterf as gevolg van onveilige besnydenis, kan jong mans gratis mediese ondersoeke by primregesondheidsorgklinieke ontvang om seker te maak dat hulle goeie gesondheid geniet voordat hulle na tradisionele inisiringskole gaan. Veilige, higiniese besnydenisse kan by primregesondheidsorgfasiliteite uitgevoer word. Die prosedure kan op pasgebore seuntjies by onderskeie gesondheidsorgfasiliteite uitgevoer word.
Die Regering van Suid-Afrika
Voorbehoeding (Gesinsbeplanning) (Diens)
Dienste by primregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, kan daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis.
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Jy behoort na jou plaaslike primregesondheidsorgkliniek te gaan. Besoekers wat vir die eerste keer na primregesondheidsorgfasiliteite of hospitale gaan, moet 'n vorm invul en 'n ler sal vir hulle oopgemaak word. Bring jou ID saam en kliniek- of hospitaalkaart indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het.
Manlike Reproduktiewe Gesondheid
