Die Regering van Suid-Afrika
Die diens help vroue en mans wat nie in staat is om kinders te h nie. Berading en inligting oor die onderskeie behandelingsopsies wat beskikbaar is, word voorsien. Die geskiedenis van die paartjie word gevra en ondersoeke word uitgevoer. Na gelang van die uitslae word vrugbaarheidsbehandeling verskaf of die paar word afgeraai om dit te beproef.
Daar is geen diens vir onvrugbaarheid op die vlak van primre gesondheidsorg nie, maar die Tygerberg and Groote Schuur tersire hospitale bied omvattende ondersoeke en behandeling aan.'n Verwysing na 'n tersire hospitaal waar verskeie vrugbaarheidsbehandelinge aangebied word, is nodig. As jy vir die eerste keer die fasiliteit besoek, sal jy 'n vorm moet invul en 'n ler sal vir jou oopgemaak word. Neem jou ID saam en jou hospitaalkaart as jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
n Koste is daaraan verbonde. Die bedrag sal van die paar se inkomste en getal afhanklikes afhang, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Diegene wat aan die program deelneem, moet vir die behandeling wat enigiets van R150 tot R6 600 kan beloop, betaal. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis.
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Manlike Reproduktiewe Gesondheid (Diens)
