Die toetsingsprogram word toegespits op die opsporing en behandeling van die vroe tekens van kanker van die serviks, wat bekend staan as die "baarmoedermond". Die toetsing behels die neem van 'n servikale smeer, wat 'n eenvoudige, vinnige vaginale ondersoek is, om vas te stel of die serviks gesond is. Enkele selle word versigtig van die serviks afgevee en na die laboratorium gestuur om getoets te word.
n Vrou kan drie gratis Pap-smeertoetsings gedurende haar lewe kry, een elke 10 jaar, van die ouderdom van 30 jaar af.
Servikale kanker is een van die kankers wat die beste voorkom kan word. Alle vroue behoort ten minste elke 10 jaar, van die ouderdom van 30 jaar af, 'n Pap-smeer te laat neem. Dit beteken, op die ouderdomme van 30, 40 en 50 jaar.
Gaan na jou plaaslike primregesondheidsorgkliniek. As die uitslag van 'n Pap-smeer abnormaal is, sal 'n afspraak gemaak en 'n verwysingsbrief vir verdere toetsing en behandeling by 'n hospitaal op sekondre of tersire vlak gegee word. Die klint sal dan vir opvolgbesoeke na die kliniek terugverwys word.As jy vir die eerste keer 'n gesondheidsfasiliteit besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam, ook jou verwysingsbrief (indien relevant), enige medikasie wat jy gebruik en jou kliniek- of hospitaalkaart, as jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het.
Die Regering van Suid-Afrika
Servikale kanker kan voorkom word deur meer as een seksmaat te vermy, kondome te gebruik om die verspreiding van die menslike papilloomvirus (wat gekoppel is aan servikale kanker) te voorkom, die eerste seksuele omgang uit te stel tot 'n later ouderdom, en om nie sigarette te rook nie.
Servikale Kanker-inligtingstuk vir Gesondheidsorgwerkers (Openbare Inligting)
Toetsing vir Servikale Kanker
Die vroe opsporing van abnormale selle beteken dat verdere ondersoeke gedoen en behandeling gegee kan word indien dit nodig is. Die ontwikkeling van kanker word sodoende voorkom.
Soms is die uitslae onduidelik en is dit nodig om 'n smeer te herhaal. Vroue wat getoets is, moet na die kliniek teruggaan om die laboratoriumuitslae te kry.
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Servikale en borskanker is die twee algemeenste vorms van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue en alle vroue loop die risiko om hierdie kankers te ontwikkel.
Onthou, die klint is geregtig daarop om vooraf te versoek dat die prosedure verduidelik word .
