Die Voorkoming van Moeder-na-Kind Oordrag (VMNKO) (Diens)
As u 'n gesondheidsorgfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. In stedelike gebiede word laerisiko-swangerskappe deur die OEV's (kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskappe bedryf word vir primregesondheidsorgpasinte) gehanteer, en op die platteland deur satelliet- en vaste klinieke. Horisiko-swangerskappe word deur buitepasintklinieke by stedelike en plattelandse streekhospitale en tersire hospitale gehanteer.
Swanger meisies en vroue word na moedersorgdienste of obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's) in stedelike gebiede verwys, en na satelliet- of vaste klinieke in die plattelandse gebiede. OEV's is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primregesondheidsorgpasinte. Dit is raadsaam vir verwagtende moeders om hulle eerste besoek aan die kliniek voor 20 weke te rel, of so gou moontlik daarna.
Moeder- en Vrouegesondheid
Dienste is gratis.
Vroedvrou- Obstetriese Eenhede
Die moeder word 'n volle aanvanklike assessering gegee en kry voorligting ten opsigte van wanneer sy vir haar eerste voorgeboortebesoek moet kom. Die swangerskap word deur gereelde opvolgbesoeke gemoniteer. Die moeder se gesondheid word ook deeglik gemoniteer. Sy word geweeg, haar bloeddruk word geneem en haar urine getoets. As daar geen komplikasies is nie, behoort sy n twee weke vir haar eerste opvolgbesoek na die kliniek terug te kom vir die uitslae van die toetse wat tydens die eerste besoek gedoen is. Hierna moet sy elke ses weke na die kliniek terugkeer tot op 28 weke, dan op 34 weke, en daarna soos aangedui deur die kliniek-/OEV-personeel. (Die frekwensie van besoeke kan van gebied tot gebied verskil.)
Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom (Diens)
Swanger moeders word gesif vir moontlike risiko's vir hulle gesondheid en die gesondheid van die fetus. Sowel tienermeisies as vroue ouer as 35 jaar wat swanger is, word as horisikogevalle beskou. Dit beteken hulle is meer geneig om komplikasies tydens swangerskap en die geboorte te ondervind. Swanger vroue kan ook as horisikopasinte beskou word indien hulle verhoogde bloeddruk het, 'n geskiedenis van genetiese afwykings, 'n meerling-swangerskap of as hulle voorheen chirurgie, soos 'n keisersnee, gehad het. Moeders wat as horisikogevalle, gediagnoseer word, word verder na die voorgeboorteklinieke vir buitepasinte by die sekondre- of tersirevlakhospitale verwys, waar verdere ondersoeke en siftingstoetse uitgevoer word. Moeders met horisiko- swangerskappe word aangeraai om voorgeboorteklinieke vir buitepasinte so dikwels nodig by te woon.
