Geboorte-/Kraamdienste (Diens)
Sodra swangerskap bevestig is, is daar verskeie opsies. Indien die klint die swangerskap wil behou, sal sy na gesondheidsfasiliteite, bekend as obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's), verwys word. Dit is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primregesondheid-sorgpasinte. Indien die moeder nie haar swangerskap wil h nie, kan sy vra vir ander opsies, met inbegrip van be indiging van die swangerskap.
Voorgeboortedienste (Diens)
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik, en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is.
Moeder- en Vrouegesondheid
Toetsing vir Swangerskap
Toetse is gratis by staatsgesondheidsfasiliteite, maar gaan beskikbaarheid na, veral in die plattelandse gebiede.
Die verpleegster sal u om 'n urinemonster vra wat getoets sal word.
Vroue en meisies wie se maandstonde een of meer weke laat is, word aangeraai om 'n swangerskaptoets te ondergaan. Hierdie toetse word gratis by primregesondheidsklinieke en ander gesondheidsfasiliteite gedoen. Hulle is egter nie altyd beskikbaar nie. 'n Toestelletjie waarmee vir swangerskap getoets kan word, kan by 'n apteek gekoop word.
