Maatskaplike probleme is probleme wat uit ons optrede voortspruit. Water en toiletfasiliteite kan misbruik word as gevolg van 'n gebrek aan bewustheid en opvoeding. Baie mense weet nie dat die misbruik van fasiliteite gesondheidsprobleme kan veroorsaak en ons langtermynoorlewing kan bedreig nie, en andere reken dit is die regering se taak om ons omgewing skoon te hou. Werkloosheid en armoede kan beteken dat die beskerming van ons waterhulpbronne vir ons minder belangrik is as ons dag-tot-dag-oorlewing.
probleme wat besoedeling.
Om die probleme wat ons in die blare sien te stop, moet ons die probleme by die wortels oplos.
Probeer om die oorsaak van besoedelingsprobleme vas te stel deur te vra 'Waarom?' elke keer wanneer ons vullis, lekkende krane,
Toe haar kind siek word, het mev Molefe vir die dokter by die kliniek gevra WAAROM? Die dokter het vir haar ges besoedelde water is die probleem, en sy moet haar kinders weghou van die vuil waswater.
Wat waterbesoedeling is
Gesels met ons bure oor die.
Sy het dit met haar bure bespreek, en hulle het besluit om die plaaslike owerheid van hierdie probleem te vertel sodat hy fasiliteite vir die vuil water kan verskaf, en almal het onderneem om in die toekoms van hierdie fasiliteite gebruik te maak.
In baie dele van ons land kom daar egter al hoe meer besoedeling en benadeling van ons waterhulpbronne voor. Baie besoedeling word veroorsaak deur die afval wat ons in ons daaglikse lewens produseer en in die water laat beland. In nedersettings waar sanitasie- en vullisverwyderingsdienste nie behoorlik funksioneer nie of nie behoorlik gebruik word nie, kan die afval in nabygele riviere en strome beland, wat dan besoedel word.
stel 'n voorbeeld vir andere. Ons moet versigtig wees waar ons vaste afval weggooi, en seker maak dat dit in swart plastieksakke is, en ons
Klein lewende organismes soos kieme in rioolvuil en chemikalie in waswater kan in enige van hierdie tipes besoedeling voorkom. Hoewel ons dit nie kan sien nie, kan dit mense en diere baie siek maak en groente en selfs die grond waarin dit gekweek word, vergiftig.
Op di manier kan ons begin om die oorsake van die besoedelingsprobleem te bepaal, en dan kan ons begin om dit op te los.
Watter probleme dit kan veroorsaak
Omdat water een van ons basiese behoeftes is, vestig ons gewoonlik ons nedersettings naby waterlope. Dit beteken dat ons rivier nie net aan ons behoort nie - ons deel daardie water met elkeen wat stroomaf van ons woon. As ons ons water besoedel, besoedel ons water ook vir andere, net soos ons geraak word deur besoedeling wat stroomop van ons gebeur.
moet vuil waswater op grasperke of tuine gooi maar nie groentetuine nie, wat besoedel kan word, of in behoorlike wegdoenfasiliteite. Ons moet met ons bure gesels wanneer ons probleme het oor waar om afval weg te gooi, om te kyk watter idees
En wanneer dit gebeur, ondervind mense in al die nedersettings gesondheidsprobleme en kan hulle selfs daarvan doodgaan. Dit raak veral kinders en bejaardes. Die meeste van ons algemene siektes, soos maagprobleme, diarree, cholera, buiktifus en vel- en oogsiektes, is die gevolg van besoedelde water en swak sanitasie.
Werk saam vir skoner en gesondernedersettings
Ons het almal water nodig om te lewe. Ons het water nodig om te drink, kos te maak en wasgoed te was, en vir sanitasie. Ons het water nodig om groente te kweek en om vee aan te hou. Water is nodig vir die myne, die nywerhede en die landbou, sodat hulle kan groei en meer werkgeleenthede kan skep.
Baie mense dink die regering, en nie hulle nie, is verantwoordelik vir die bekamping van waterbesoedeling. Ons land se bevolking groei egter vinnig, en die plaaslike owerhede se fondse is baie beperk en moet 'n wye verskeidenheid dienste dek. Die gevolg is dat plaaslike owerhede sukkel om doeltreffende dienste te lewer aan almal wat dit nodig het.
Net deur saam te werk, deur met mekaar te praat, kan ons oplossings skep wat in die praktyk en oor die lang termyn sal werk, en wat 'n duidelike verbetering in ons lewensomgewing teweeg sal bring. Die beste manier om werklik 'n verskil te maak, is om die ondersteuning van die plaaslike owerheid en die nasionale regering (DWB) te kry in ons pogings om ons nedersettings skoon te hou.
Kyk na die plakkaat wat hierdie boekie vergestel Weet jy watter oorsake is maatskaplik, watter is fisies en watter is institusioneel? Weet jy watter is onderling gekoppel? Watter idees het jy om die probleme die hoof te bied?
Jy dink miskien: "Ek is net een persoon, wat kan ek tog doen?" Maar alle vooruitgang begin by een persoon (soos mev. Molefe) wat besluit het dat iets gedoen moet word.
Die belangrikste voordeel is beter gesondheid, veral vir kinders en bejaardes. Ons is meer gerus waar ons woon as ons weet dat ons die langtermyngebruik van skoon water het.
owerheid oor wat hulle kan doen.
Ons bly almal stroomaf!
Hoe ons kan saamwerk om die oorsake van waterbesoedeling. in ons gemeenskappe te bepaal
Een van mev. Thoko Molefe se kinders is byna dood toe sy net twee jaar oud was. Al die kinders in die nedersetting het graag in die water naby die wasgebied gespeel. Maar hulle het kortkort siek geword met maagprobleme en diarree.
veroorsaak en hoe ons die oorsake.
Sy het probeer om haar kinders weg van die vuil waswater te hou, maar sy kon nie altyd daarin slaag nie. Toe is nog 'n kind ook amper dood, en die dokter het ges dit was om dieselfde rede.
Omdat Suid-Afrika 'n land met 'n beperkte hoeveelheid water is, en omdat dit so duur is om vuil water te suiwer, moet ons almal dit versigtig gebruik.
Dit is iets wat ons as individue kan doen, maar ook gesamentlik - en probleme wat die hele gemeenskap raak, kan die maklikste gesamentlik opgelos word. Hier is 'n oefening, 'n Probleemboom genoem, wat deur groepe mense gedoen kan word om te help om probleme met waterbesoedeling te identifiseer en op te los. Die Probleemboom wys vir ons wat die probleme is, hoe hulle by mekaar inskakel, en help ons om te besluit hoe om dit te hanteer.
Maar ons het nie net water nodig nie, ons het skoon water nodig. Vuil of besoedelde water benadeel ons omgewing en maak ons siek, verhinder dat kinders behoorlik groei en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik.
As ons nie geld hoef te bestee om afval te verwyder nie, kan ons daardie geld aan ander dinge bestee, soos beter behuising.
Wees self besoedelingsbewus en
om te help.
stukkende pype en dies meer sien.
Almal word bevoordeel deur besoedeling in nedersettings te beindig voordat dit in die waterbron beland. Ons moet altyd onthou dat ons almal stroomaf woon.
Dit is die dinge wat ons normaalweg kan sien, Dit is die probleme wat deur die plaaslike owerheid soos wanneer daar nie vullisblikke of toilette veroorsaak word. Plaaslike owerhede is daarvoor is nie, of wanneer dit nie goed werk nie, of verantwoordelik om water en sanitasiedienste wanneer die fasiliteite vir die verwydering van aan gemeenskappe te verskaf. Maar hulle is vullis stukkend is. Hierdie fasiliteite is dinge dikwels nie in staat om dienste aan ons te lewer soos stormwaterpype, rioolpype of nie of om dit behoorlik in stand te hou nie. vullisvragmotors. Fisiese probleme hou dikwels Gevolglik ontstaan daar institusionele probleme met maatskaplike en institusionele probleme as die plaaslike owerheid nie genoeg geld het verband, byvoorbeeld wanneer die plaaslike om vullis so dikwels te verwyder as wat nodig is owerheid nie sy vragmotors kan herstel nie of nie, of om vir ons genoeg swart plastieksakke te wanneer die vullisverwyderingsdienste deur gee om ons vullis in te plaas nie, of wanneer hy sommige mense beskadig word (vandalisme). nie personeel het om dienste te installeer nie of
Waterbesoedeling in digbevolkte gebiede kan deur baie dinge veroorsaak word. Ons moet uitvind wat waterbesoedelingsprobleme in nedersettings veroorsaak, sodat die gemeenskappe daardie probleme kan oplos. Die oorsake van hierdie probleme kan maatskaplik (mense se gedrag) of fisies (dinge wat ons kan sien) of institusioneel (wat die plaaslike owerheid doen) wees. Die meeste besoedeling word deur al drie hierdie probleme saam veroorsaak. En die meeste besoedelingsprobleme word die maklikste opgelos wanneer die gemeenskap en die plaaslike owerheid saamstem oor presies wat die oorsake is.
n Inligtingsboekie ter ondersteuning van gemeenskapspogings om besoedeling van hul nedersettings te beperk
Die doel van hierdie boekie
Hoe plaaslike owerhede bevoordeel word n Besoedelingsbewuste gemeenskap help sy plaaslike owerheid deur vir hom te s wat sy behoeftes is en deur hom in te lig wanneer daar probleme is. Deur dit te doen, word daar nie geld gemors nie.
Hierdie boekie is deur die Departement van Waterwese en Bosbou
Om die besoedelingsprobleem op te los, moet ons die oorsake in ons nedersetting gaan soek en vra WAAROM? Byvoorbeeld, as swart vullissakke nie verwyder word nie, vra 'Waarom verwyder die plaaslike owerheid nie ons vullis nie?' As die putlatrine lek, vra 'Waarom word hierdie dinge nie reggestel nie?' As mense vuil waswater in die rivier gooi, vra 'Waarom doen hulle dit?'
In belang van ons almal, in belang van die gesondheid van ons gemeenskappe en ons omgewing, moet Suid-Afrika se water beskerm word.
Die Regering en die plaaslike owerhede is daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat ons basiese toegang tot water het, maar ons almal is daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat ons help om daardie water skoon te hou.
As ons nie saamwerk nie, sal waterbesoedeling al hoe erger word en sal groter getalle mense daaronder ly. Suid-Afrika se bevolking groei by die dag, en die behoefte om dienste aan al hierdie mense te verskaf, is al so groot dat die regering dit nie alleen kan hanteer nie.
Gesels met DWB en die plaaslike.
Hoe gemeenskappe bevoordeel word
Plaaslike owerhede moet begrip toon vir elke nedersetting se unieke behoeftes, soos hoeveel plastieksakke om te verskaf en hoe dikwels vullis verwyder moet word.
Ons Grondwet s ons het die reg om in 'n gesonde omgewing te lewe, en om ons waterhulpbronne - ons riviere, damme en boorgate -skoon te hou, is een van die belangrikste maniere om seker te maak dat dit gebeur.
Daar is vier tipes afval in nedersettings - vaste afval, afvalwater, stormwater en rioolvuil. Enige van hierdie afval kan waterbesoedeling veroorsaak, maar wanneer dit gekombineer word (soos wat dikwels in nedersettings gebeur), vorm hulle 'n baie groter risiko vir waterhulpbronne en vir gemeenskappe se gesondheid en welsyn.
Fisiese probleme Institusionele probleme
Hierdie probleem is veroorsaak deur een van die vier tipes afval wat besoedelings-probleme veroorsaak -afvalwater - maar enige van die ander tipes afval vaste afval, rioolvuil of stormwater -beland nog in die rivier en kan die kinders siek maak.
Dit sal dikwels gebeur dat ons baie kere WAAROM? sal moet vra om by die oorsaak van die probleem uit te kom. Byvoorbeeld, as die kinders aan diarree ly, vra ons WAAROM? Omdat die water besoedel is, maar WAAROM? Omdat rioolvuil daarin beland, maar WAAROM? Omdat die toilette verstop is, maar WAAROM? Omdat mense vullis daarin gooi.
Hier is 'n paar dinge wat ons kan doen:
En hoe ons almal kan saamwerk om 'n einde aan daardie. besoedeling te maak.
Kyk deeglik na ons nedersetting en dink watter veranderinge (en party kan heel eenvoudig wees) sal help om besoedeling te bekamp. Groot veranderings is al teweeg gebring omdat een persoon op 'n ander manier as ander mense na dinge gekyk het. Elkeen se idees is waardevol. Vra DWB se streekkantoor om te help om goedkoop maniere om hierdie probleme die hoof te bied, te identifiseer. Dink wat nodig is om die beste te werk met beamptes van DWB en die plaaslike owerheid, en vra dit. Miskien is dit die name van die mense wat ons gemeenskap 'n prioriteit sal maak, of 'n telefoonnommer vir klagtes. Betaal vir die dienste wat ons kry, bo en behalwe die basiese dienste. Maar dring daarop aan dat dit goed in stand gehou word in ruil vir betaling. Onthou dat vullishantering geld kos wat vir ander dinge gebruik kon word, soos om huise te bou.
En die plaaslike owerheid word ook bevoordeel wanneer minder besoedeling in die water beland, omdat hy minder hoef te bestee aan watersuiwering by munisipale waterbehandelingsaanlegte. Hierdie geld kan gebruik word om dienste vir die gemeenskap te verbeter.
Ons weet nou daar is vier tipes besoedeling. Ons kan die werklike oorsake van elke tipe vasstel deur te vra Waarom? Waarom? Waarom? Ons kan help om besoedeling te bekamp deur die probleem op te los.
hulle het.
Die Departement van Waterwese en Bosbou
Mev. Molefe het besef die oplossing vir die probleem was om op te hou om vuil water in die straat uit te gooi, en nie om die kinders te belet om in die water te speel nie. Om dit te doen, het sy gevra WAAROM gooi mense vuil waswater in die straat? Toe sien sy daar was geen ander plek om die water te gooi nie.
In hierdie oefening toon die blare van die Probleemboom die probleme wat ons ondervind as ons water besoedel is. Deur die stam van die Probleemboom kan ons die verskillende soorte besoedeling sien wat tot bo in die takke vloei. Dit is die besoedeling wat in ons nedersettings veroorsaak word deur vaste afval, afvalwater, rioolvuil en stormwater. Ondergronds kan ons al die dinge sien wat besoedeling veroorsaak.
kan vasstel.
Wil jy water gebruik wat deur ander mense se afval besoedel is? Gee jy om dat ander gemeenskappe deur jou afval benadeel word? Hierdie boekie help om te wys hoe ons die hoof oorsake van besoedeling in ons gemeenskappe kan bepaal en hoe ons almal kan help om water - die kosbare bron van lewe - veilig en gesond te maak vir ons en vir komende geslagte.
Riviere wat net in geringe mate besoedel word, kan hulself skoon maak. Maar wanneer daar te veel afval is, kan die rivier homself nie op natuurlike wyse skoon maak nie, en dan bly die water besoedel. Dit beteken dat die volgende gemeenskap wat langs die rivier woon, besoedelde water gaan kry, en die volgende een, en die volgende een al langs die rivier af.
Mev. Molefe se vyf kinders is nou fris en gesond, en sy is bly dat sy die oorsaak van die probleem gekry het en dit kon oplos deur te vra WAAROM?
Ter wille van elkeen se toekoms, en die gesondheid van ons gemeenskappe en ons omgewing, moet Suid-Afrika se water beskerm word.
Die voorblad wys wat ons almal weet maar soms vergeet: dat ons almal deur besoedeling geraak word. Die afval wat een nedersetting in die water laat beland, vloei stroomaf en benadeel mense in ander nedersettings. Om hierdie probleem die hoof te bied, kos die land geld, en dit raak ons almal.
behandel.
