Behandeling is beskikbaar vir opportunistiese infeksies wat, in teenstelling met vigs, meesal geneeslik is. Dit sluit diarree, tuberkulose, pneumonie (longontsteking) en candida (orale of vaginale sproei) in, wat 'n MIV-positiewe persoon maklik kan opdoen omdat hulle immuunstelsels deur MIV verswak word. Die behandeling van opportunistiese infeksies is beskikbaar vir MIV-negatiewe en MIV-positiewe mense. Enigeen met simptome van hierdie opportunistiese infeksies kan na 'n kliniek gaan waar hulle met antibiotika behandel sal word. Daar is reeds bewys dat hierdie behandeling die voorkoms van opportunistiese infeksies in vigs met 50% kan verminder. Die provinsie is ook deel van die Diflucan Vennootskapsprogram, wat die middel by 62 fasiliteite beskikbaar maak, waarvan 39 primregesondheidklinieke is. Die middel behandel esofageale kandidiase en kriptokokkale meningitis.Onthou dat hoe gouer u 'n kliniek vir 'n MIV-toets besoek, hoe gouer kan u voorkomende behandeling kry om die aanvang van opportunistiese infeksies te keer indien die toetsresultaat positief is vir MIV.
Behandeling is by alle primregesondheidklinieke beskikbaar. Indien nodig, sal u na die gespesialiseerde vigs-kliniek by G.F. Jooste Hospitaal in die Metropool-streek verwys word. Daar is ook 20 toegewese vigs-klinieke in die provinsie waarheen u verwys kan word. Nuwe besoekers aan die kliniek of gemeenskapsgesondheidsentrum sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal vir die pasint oopgemaak word. Die pasint moet sy of haar ID-boek saambring. Wanneer 'n pasint 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Hospitale vra pasinte vir hulle mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Pasinte wat reeds by die hospitaal geregistreer is, moet hulle hospitaalkaarte saambring.
Behandeling van Opportunistiese Infeksies
