die presiese plek waar die voorval, besering of mediese probleem gele is die aard van die mediese probleem of reddingsituasie n nommer om terug te skakel.
Suid-Kaap
Verskeie staats- en nie-regeringsorganisasies bied noodreddings- en vervoerdienste aan. Hierdie nooddienste verskaf kitsbystand aan pasinte en neem sulke pasinte ook hospitaal toe. In die Wes-Kaap word dienste gelewer deur:
Voornemende vrywilligers kan die Pinelands-afdeling van die diens by 021 511 5154 skakel en vra om met die kordineerder van die vrywilligergroepe te praat. Gewoonlik word 'n onderhoud met voornemende vrywilligers gevoer en nadat hulle aangesluit het, word vrywilligers saamgeneem wanneer 'n ambulans uitgeroep word. Van vrywilligers word verwag om noodhulpkursusse op Vlak 1, 2 en 3 wat deur paramediese personeel aangebied word by te woon. Daarbenewens word van vrywilligers verwag om kort kursusse by die Academy of Emergency Medical Care by die Kaapse Technikon by te woon. Die kursusse behels basiese, intermedire en gevorderde lewensondersteuning.
Die Wes-Kaap het 'n vloot wat uit sowat 400 voertuie bestaan en die volgende insluit: reddingsvoertuie, snelreaksievoertuie, pasintvervoerders en ambulanse. Elke ambulans word beman deur twee personeellede wat opgelei is om 'n mediese nooddiens te voorsien. Die vlak van mediese sorg word deur die kwalifikasies van die span bepaal en sluit die volgende in: basiese lewensondersteuning, intermedire lewensondersteuning en gevorderde lewensondersteuning (paramediese dienste). Gespesialiseerde reddingskwalifikasies rus personeel toe met kennis en vaardighede wat nodig is om gevorderde mediese redding uit te voer. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika bepaal die standaarde vir die onderrig en opleiding van nooddienspersoneel en vereis dat hulle geregistreer moet word voordat hulle mag praktiseer.
Rooi Kruis Kinderhospitaal se Giflyn (Diens)
Vrywilligers maak 'n belangrike deel van die diens uit en daar is vrywilligergroepe in dorpe oor die hele Wes-Kaap. Hierdie groepe kan deur die ambulansdienste in al vier streke genader word (kontaknommers hieronder).
Die Rooikruis Lugreddingsdiens word gebruik om siek mense oor lang afstande na Kaapstad se drie tersire hospitale te vervoer. Die diens kan nie direk deur lede van die publiek gebruik word nie en is slegs vir openbaregesondheidspersoneel toeganklik.
Mediese Noodvervoer en Redding
Mense wat om hulp skakel, moet die volgende noodsaaklike inligting verstrek:
Die volgende kontaknommers kan van nut wees:
Die mediese nooddiensreaksie en die tydsduur om pasinte na hospitale te vervoer hang af van die kompleksiteit van die mediese probleem en die afstand van die voorval van die naaste fasiliteit.
Vir mediese nooddiens skakel die nasionale Mediese Noodnommer 10177 en 'n ambulans sal van een van verskeie afsendingsentra in die Wes-Kaap gestuur word. Die provinsiale Mediese Nooddienste kan by die volgende nommers geskakel word (slegs kantoorure):
Ten einde die voortbestaan van 'n doeltreffende diens te verseker, moet pasinte se regte en verantwoordelikhede teen mekaar opgeweeg word. Mense word dus versoek om ambulansdienste slegs te gebruik waar daar 'n ware noodgeval is.
Hoe om hulp in 'n noodgeval te ontbied (Diens)
Niemand sal die diens geweier word op grond van vermo om te betaal nie. Indien die pasint 'n mediese fonds het, sal 'n eenvormige pasinttariefkoers toegepas word. Indien nie, word die pasint gevalueer volgens inkomste en dienooreenkomstig aangeslaan.
