Oogtoetse, wat die gebruik van oogkaarte insluit, is op die vlak van primregesondheidsorg (PGS) by klinieke beskikbaar en help om vir refraksiefoute soos bysiendheid, versiendheid, verwronge visie en "verouderende o" te toets. Na die ouderdom van 40 word die lens van die oog meer onbuigsaam en dit word moeiliker vir sommige persone om van naby te lees.
Basiese oogondersoeke is by alle PGS-klinieke en -sentrums beskikbaar. As dit nodig is, sal klinte na sekondre of tersire hospitale vir verdere toetsing en behandeling verwys word.Besoekers wat vir die eerste keer na die kliniek of sekondre/tersire hospitaal gaan, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal vir die pasint oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal vereis word as jy 'n hospitaal besoek. Hospitale sal jou vra vir jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5). Bring jou hospitaalkaart saam as jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
As jy 'n bril nodig het, sal jou naam vir tussen een tot agtien maande op 'n waglys geplaas word. Die kliniek-verpleegkundige sal vir jou 'n afspraak by 'n oogkundige rel wat die kliniek op 'n sessionele grondslag besoek. Gratis brille en ander hulpmiddels het 'n werklikheid geword en sal binnekort beskikbaar wees.
Die Regering van Suid-Afrika
Katarakte, 'n degeneratiewe verdikking/dofheid van die lens, is die hoofoorsaak van blindheid. Dit is behandelbaar en kan maklik by PGS-klinieke en -sentrums gedentifiseer word, sowel as deur tuisversorgers omdat dit so opmerklik is. Operasies om katarakte te verwyder word op die vlak van sekondre hospitale uitgevoer. Daar is 'n waglys. Diabete behoort 'n jaarlikse oogtoets vir die vroe vorming van katarakte te ondergaan. Daar kan ook 'n verandering in die retina plaasvind wat tot blindheid kan lei. In so 'n geval is dit nodig dat die klint na 'n hospitaal (sekondre vlak) waar laserterapie gegee sal word, verwys word.
Die diens is daarop gerig om oogtoestande wat blindheid tot gevolg het, te voorkom en om mense te behandel wat sigprobleme het.
Chroniese gloukoom is die tweede belangrikste oorsaak van blindheid in Suid-Afrika. Oogkundige verpleegkundiges en oogkundiges ondersoek klinte by hospitale (distriks- of sekondre vlak). As chirurgie nodig is, sal die pasint na 'n tersire hospitaal verwys word.
Primre voorsorg sluit gesondheidsopvoeding, immunisering teen masels in kinders, moeder- en gesondheidsdienste en die bevordering van veiligheid in. Voorkoming van horingvliesbeskadiging weens wanvoeding, infeksie en besering/trauma is belangrik. Die tekort aan vitamien A is 'n hoofoorsaak van blindheid by kinders.
Ander nuttige kontakte:
Gratis op PGS-vlak. As jy na 'n hospitaal verwys word, is daar koste daaraan verbonde. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal.
Skoolverpleegkundiges en verpleegkundiges van primregesondheidsorgklinieke kan kinders na skoolklinieke vir oogondersoeke verwys.
Buro vir die Voorkoming van Blindheid: tel. 012 452 3811 of skryf aan Posbus 11149, Hatfield, 0028 Pretoria
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Oogsorg/Program vir Voorkoming van Blindheid
