Die plig om kindermishandeling aan te meld
Tienermeisies wat al begin menstrueer het en wat verkrag is, behoort 'n swangerskapstoets te ondergaan om 'n bestaande swangerskap voor die verkragting uit te sluit. Indien hulle binne 72 uur n die verkragting na die gesondheidsfasiliteit kom, sal hulle berading ontvang en noodkontrasepsie sal toegedien word.
Baba en Kind
Verder, indien 'n kind se geestelike toestand meer gespesialiseerde/psigiatriese intervensies vereis, kan die kind na die geskikte gesondheidsfasiliteit verwys word.
Die gesondheidsdienste werk met die polisie, gemeenskapsveiligheid, maatskaplike dienste en NRO's saam ten einde te probeer om die onaanvaarbare ho vlakke in kindermishandeling in die Wes-Kaap te bestry.
Maatskaplike werkers speel 'n essensile rol daarin om die kind te help om n die mishandeling te herstel. Die maatskaplike werker sal opvoeding, inligting en berading aanbied. Indien die maatskaplike werker glo dat die kind n ontslag uit 'n gesondheidsfasiliteit die risiko loop van verdere mishandeling en dat dringende beskerming nodig is, kan hy/sy 'n Vorm 4-aanhoudingsbevel uitreik om die kind na 'n veiligheidsplek te neem.
Die diens is daarop gemik om kinders van geboorte tot 14 jaar oud wat fisies, seksueel of emosioneel mishandel en verwaarloos is, te identifiseer en te behandel. Kinders wat vermoedelik mishandel is, kan na 'n primregesondheidsorgkliniek geneem word waar hulle gediagnoseer sal word en berading sal ontvang. Die klinieksuster of -dokter sal 'n volledige fisiese ondersoek doen en sal ook die kind se geskiedenis aanteken. Dit is noodsaaklik dat die mishandelde kind so gou moontlik na 'n gesondheidsfasiliteit geneem sal word. Hoe langer uitgestel word, hoe groter is die waarskynlikheid dat die kind erge emosionele en sielkundige trauma sal ervaar. Hou in gedagte dat sommige kinders oor baie jare mishandel is en hulle het dalk nie 'n fisiese ondersoek met die eerste besoek nodig nie, of hulle kan emosioneel mishandel wees en nie seksueel nie, in welke geval hulle berading sal ontvang en dienooreenkomstig behandel sal word.
Verskeie organisasies kan help met gevalle van kindermishandeling:
Seksuele uitbuiting van kinders
Daar is 52 gesondheidsorgfasiliteite in die provinsie wat verbind is tot die hantering van kinders en volwassenes wat mishandel is. Indien u nie na een van hierdie fasiliteite kan gaan nie, gaan na u naaste gesondheidsorgfasiliteit.As u vermoed dat 'n kind mishandel is, kan u die kind direk na 'n primregesondheidsorgkliniek neem. Mishandelde kinders kan deur die Kinderbeskermingseenheid, 'n polisiebeampte of maatskaplike werkers na 'n kliniek verwys word.
Behandeling van Kindermishandeling
Kinderlyn Suidelike Afrika: 24-uur tolvrye hulplyn - 0800 055 555.
Organisasies wat kindermishandeling teenwerk
Ouers of versorgers behoort voorligting te kry oor die potensile risiko dat die kind met die MI-virus genfekteer kan wees. Die versorger sal gevra word om sy/haar toestemming te gee dat 'n MIV-toets op die kind uitgevoer kan word.
n Middel teen Vigs (Zidovudine) sal die kind aangebied word indien hy/sy binne 72 uur n die seksuele mishandeling na die gesondheidsfasiliteit gebring word. Die middel het GEEN impak op die voorkoming van MIV-oordrag nie indien die kind later as 72 uur n die mishandeling eers na die fasiliteit gebring word. Kinders wat deur 'n mediese fonds gedek word, behoort 'n voorraad AZT vir drie dae te ontvang en 'n voorskrif vir die oorblywende 25 dae. Di wat nie deur 'n mediese fonds gedek word nie, behoort 'n voorraad vir 'n week te ontvang en 'n datum een week later vir herassessering. Alle kinders moet n een week aanmeld vir 'n opvolg- assessering om die uitslae van alle toetse te kry. Die res van die AZT behoort tydens daardie besoek gegee te word (die voorraad sal genoeg wees vir drie weke). AZT is beskikbaar by die 52 fasiliteite in die provinsie waar slagoffers van kindermishandeling behandel word.
Daar is twee wette wat fisiese/seksuele mishandeling en verwaarlosing van kinders dek. Artikel 15 van die Wysigingswet op Kindersorg s dat enige persoon wat enigiets te doen het met die versorging van kinders - byvoorbeeld opvoeders, maatskaplike werkers en dokters - en wat vermoed dat 'n kind mishandel is, dit aan die Departement van Maatskaplike Dienste moet rapporteer. Die Wet op die Voorkoming van Gesinsgeweld, Wet 133 van 1993 (Artikel 4), bepaal dat gevalle waar kindermishandeling vermoed word, aan 'n polisiebeampte of 'n kinderwelsynsbeampte of maatskaplike werker gerapporteer moet word.
Rapcan - voorkoming van kindermishandeling: tel. 021 448 9034 en faks 021 448 9042
In gevalle waar dit bekend is dat kinders MIV-positief is, behoort AZT nie gegee te word nie. Sodanige kinders behoort berading te kry en moet na 'n geskikte gesondheidsfasiliteit verwys te word vir langtermynhantering van hulle MIV-status.
In die geval waar die kind seksueel mishandel is, moet spesiale ondersoeke uitgevoer word, soos monsters wat geneem word vir forensiese bewyslewering. Die kind kon blootgestel gewees het aan seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) en MIV/Vigs. Behandeling vir SOI's word gewoonlik gegee wanneer die uitslae van die toetse wys dat die kind 'n infeksie het.
