Nageboortesorg (Diens)
tussen 0-6 weke;
Baba en Kind
Die kind word fisies ondersoek en waargeneem. Die siftingstoets help om fisiese en psigososiale ontwikkeling te monitor. Die toetse evalueer of die kind se groei in ooreenstemming is met sy/haar ouderdom en kontroleer ontwikkelingsmylpale soos sit, staan, kruip, loop, praat en hantering van voorwerpe. Die kind se visie en gehoor word ook nagegaan.
Ontwikkelingsifting word gedoen as 'n roetine tydens besoeke vir immunisering aan die kliniek. Sifting vir ontwikkelingsgestremdheid word drie maal gedoen, naamlik wanneer die kind:
As daar 'n probleem is, word die kind na 'n spesialiskliniek of 'n professionele persoon gemoeid met rehabilitasie, bv. 'n arbeidsterapeut, verwys indien beskikbaar en na gelang van die probleem en die behoeftes van die kind.
Dienste is gratis.
Die bevindinge van die siftingstoets word op 'n kliniekkaart en 'n groeikaart aangeteken, wat albei by die kliniek gehou word. Die kind se gewig word ook op die Pad-na-Gesondheid-kaart aangeteken. Di kaart word aan die moeder gegee wanneer haar kind gebore word, en sy hou dit by haar. Die Pad-na-Gesondheid-kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se vordering en die moeder moet dit met alle opvolgbesoeke na die kliniek toe saamneem.
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en u kliniekkaart of 'n hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart.
maande, en maande oud is.
Moeders/versorgers word aangeraai om hulle pasgebore babas na primregesondheidsorgklinieke te bring vir gereelde ondersoeke.
Sifting vir Kinderontwikkeling en Monitering van Groei
Monitering van groei maak die basis uit van omvattende kindergesondheidsorg. Dit sluit die gereelde bepaling van gewig (en soms lengte) van die kind in. Daar word met geboorte begin om die kind te weeg en dit gaan voort tot die kind vyf jaar oud is. Ideaal gesien, moet die kind se gewig een maal per maand bepaal word tot die ouderdom van twee jaar en dan drie maal per maand tot die kind vyf jaar oud is. Die klinieksuster teken die baba se gewig op die Pad-na-Gesondheid-kaart aan. Die gewig word ook vergelyk met die groeikaart om vas te stel of die gewig binne die aanvaarbare grense vir die kind se ouderdom val. Indien die kind ondergewig is, is daar voedingsaanvullings by klinieke beskikbaar of die kind word na hospitale op die sekondre of tersire vlak verwys.
