Jy mag nie vis wat jy met 'n ontspanningspermit gevang het, verkoop nie.
Permitte om met Voertuie op die Strand te Ry en Lisensies om Geriewe vir die Tewaterlating van Bote te Bedryf (Diens)
Kragtens die wet geld verskillende beheermaatrels:
Na nog ondersoeke en samesprekings, sal vrystellings om lynvis te vang aan vaartuie wat in die verlede met tradisionele visdorpies verbind is, toegeken word.
Almal wat mariene bronne gebruik moet 'n permit h. Dit sluit ontspannings- en bestaansvissers in.
Sekere spesies mag net in die oop seisoen gevang word.
Vir verdere inligting kontak 021 402 3911.
Jou permit en identiteitsdokument moet wanneer jy visvang altyd by jou wees.
Die Departement se toekenning van regte sal die werksgeleenthede van 3 450 bemanningslede verseker. Werkgewers in die lynvisbedryf moet nou aan arbeidswette voldoen en sekuriteit vir lynvissers verskaf.
Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word.
Omgewingslisensies en -Permitte
Sommige visspesies word deur 'n kwotastelsel beskerm wat keer dat mense meer as 'n sekere hoeveelheid van die soort vis vang of probeer vang.
Mense aan wie regte toegeken is kan sonder beperking snoek en talle ander lynvisspesies vang, waarvan die meeste onderworpe is aan streng sakbeperkings.
Ontspannings- en kus-lynvisvang word tans deur streng sakbeperkings beheer, wat ons lynvisbronne beskerm deur te keer dat mense te veel vis vang. Di soort visvangste sal in die toekoms streng volgens die sakbeperkings beheer word.
Die Wet op Mariene Lewende Bronne l klem daarop dat al die natuurlike mariene lewende bronne van Suid-Afrika en die omgewing waarin hulle leef, 'n nasionale bate en die erfenis van al Suid-Afrika se mense is. Die wet beheer visvangste en help so ons mariene bronne beskerm. Die Wet probeer ook beheer wie toegang tot mariene bronne het om te verseker dat di bronne regverdig versprei word.
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Kragtens die wet moet jy betaal vir die reg om mariene bronne te ontgin. Die geld wat met lisensies en permitte ingesamel word, word gebruik vir navorsing oor en die beskerming van die bronne.
Uitreiking van Natuurbewaringspermitte (Diens)
In 2000 was daar 'n noodtoestand in die lynvisbedryf omdat daar bepaal is dat 'n aantal lynvisbronne ineengestort het. Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het bepaal dat die aantal vaartuie en bemanning beperk sou word tot hoogstens 450 vaartuie en 3 450 bemanningslede.
Alle kategori van ontspanningsvissers moet kragtens die Wet op Mariene Lewende Bronne van 1998 (Wet 18 van 1998) ontspanning-visvangpermitte h. Di permitte kan landwyd by Poskatore verkry word en kos R50 vir hengelpermitte en R65 vir perlemoen, kreef, visjag en ander permitte.
Permitte is 'n jaar lank van die dag van uitreiking geldig, behalwe as die permitte vir spesies is wat net binne die seisoen gevang kan word. Di tipe permitte verval aan die einde van die seisoen.
Ontspannings-visvangregte
Visvangregte en -permitte
Handelsvisvangregte is aan voltydse lynvissers toegeken wat vir hulle voortbestaan van lynvisvang afhanklik is. As gevolg daarvan is 376 visvangregte (2 148 bemanningslede) toegeken. In totaal sal visvangregte aan 450 vaartuie toegeken word.
