As u meer besonderhede nodig het - die Departement van Justisie het 'n brosjure oor hoe om verrigtinge in die Hof vir Klein Eise aanhangig te maak.
Hof- en Regsdienste
Howe vir Klein Eise hanteer siviele aangeleenthede waar die eis minder as R7000 is. Die howe is bedoel om die hofproses vinniger en goedkoper te maak.
Die Hof vir Klein Eise hanteer nie egskeidingsake nie.
Die ander persoon skriftelik aanskryf en hom 14 dae gee om te reageer;
Hof vir Klein Eise
Enige van die amptelike tale kan in die hof gebruik word.
Om 'n eis in die Hof vir Klein Eise in te stel, moet u:
Misdaad, Regte en Justisie
Op die vasgestelde datum hof toe gaan met alle tersaaklike dokumente en enige getuies wat u het.
n Dagvaarding aan die ander persoon beteken;
Na 14 dae 'n eis by die klerk van die hof instel;
Die verhoor is informeel en eenvoudig, en daar is geen kruisondervraging nie. Die kommissaris sal al die vrae stel en wanneer hy/sy al die partye aangehoor het, 'n besluit neem.
Die saak word nie deur 'n regter of landdros verhoor nie, maar deur 'n kommissaris, wat elke kant van die saak aanhoor en vrae stel.
Daar is geen appel teen die beslissing van die Hof vir Klein Eise nie, maar as u dink die kommissaris was bevooroordeeld of onbillik, kan u versoek dat die saak hersien word.
Individue kan eise in die hof instel, maar maatskappye kan nie.
n Bedrag van ongeveer R15 is betaalbaar om van die Hof gebruik te maak, en daar is geen prokureurs betrokke nie, met die gevolg dat daar geen prokureursgelde is nie. As u wil, kan u regsadvies kry voordat u die hof nader. Regsassistente en klerke van die Howe vir Klein Eise sal u kosteloos bystaan.
