Om toegang te kry tot argiefdokumente en dit te lees, moet jy na die Argief-en Rekorddiens van die Wes-kaap gaan te Roelandstraat 72, Kaapstad.
Departement van Kuns en Kultuur (Die Regering van Suid-Afrika)
Kuns en Kultuur
Wanneer jy by die argief aankom sal jy 'n toegangskaart moet invul. Vra 'n leeskamerbeampte om jou te help om 'n bron op te spoor. Anders kan argiefmateriaal opgespoor word met die opsoekstelsel of die aanlyninventaris (NAAIRS).
Die Regering van Suid-Afrika
Tel: 021 466 8100
Die kontakbesonderhede vir die Kaapstadse Argiefbewaarplek is:Die Hoof
Posadres: Argief-en Rekorddiens van die Wes-kaap, Privaatsak X9025, Kaapstad, 8000
As jy die bron opgespoor het, moet jy 'n rekwisisievorm invul met die besonderhede van die bron en dit aan 'n beampte gee. Die beampte sal die bron vir jou na die leeskamer bring.
Mikrofilmkopi word ook teen 'n tarief verskaf. Vul 'n vorm in om mikrofilmkopi aan te vra en gee dit aan 'n beampte. Jy sal geskakel word wanneer die mikrofilmnegatief gereed is om afgehaal te word. Jy sal dan die negatief na 'n verskaffer moet neem met 'n mikrofilmleser/drukker.
Die Argief-en Rekorddiens van die Wes-kaap gee die publiek toegang tot regeringsdokumente en private versamelings wat 20 jaar of meer oud is. Die argief word gebruik vir akademiese, regerings- en private navorsing. Die argief word die meeste vir genealogiese navorsing gebruik.
Fotokopi van uitgesoekte items kan teen 'n tarief gemaak word. Om fotokopi aan te vra sal jy 'n vorm moet invul om aan 'n beampte te gee. Die beampte sal jou inlig wanneer die kopi gereed sal wees om af te haal.
Dokumente kan net by die argief gelees word en die ure is: Maandag tot Vrydag 08:00 - 16:00 en die eerste Saterdag van die maand 09:00 - 12:00. Donderdag 08:00 - 19:00.
Faks: 021 465 2960
Om navorsingsnotas te maak sal jy potlood en papier moet bring - balpunte en vulpenne word nie toegelaat wanneer daar met argiefdokumente gewerk word nie. Jy kan jou skootrekenaar saambring want inproppunte word verskaf.
Toegang tot Argiewe
