Die Minister is verantwoordelik vir die ontwikkeling van beleid en wetgewing met betrekking tot intelligensiedienste en vir die volgende:
Die Ministerie vir Intelligensiedienste is op 1 September 1996 gestig en ondersteun die Minister vir Intelligensie in die volgende:
die implementering van nasionale beleid die kordinering van die funksies van die Nasionale Intelligensie-agentskap en Suid-Afrikaanse Geheimediens die voorbereiding en inisiring van wetgewing die verrigting van enige ander uitvoerende funksie soos bepaal in die Grondwet of in nasionale wetgewing
Die Minister moet ook verseker dat daar effektiewe samewerking tussen die burgerlike intelligensiedienste, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Suid-Afrikaanse Polisiedienste (SAPD), in oorlegpleging met die betrokke ministers, is.
Die Wysigingswet op Nasionale Strategiese Intelligensie van 1998 is in Augustus 1998deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur. Die Wet verseker dat die Minister en die intelligensiedienste waar nodig voldoende op brandpunte fokus.
beheer en algemene toesig oor die intelligensiedienste formulering van beleid leiding en rigtinggewing in die transformasieproses en in die algemene werkwyse ten opsigte van intelligensie.
Ministerie van Intelligensie-diens
