Die Departement se prioriteite is die volgende:
Die Departement se doelwitte is die volgende:
Die Regering van Suid-Afrika
om die vlak van deelname aan sport en ontspanningsaktiwiteite te vermeerder om die sportprofiel te verhoog ten spyte van botsende prioriteite om die moontlikheid van sukses by belangrike byeenkomste te optimaliseer om sport op die voorgrond as 'n teenvoeter vir misdaad te plaas.
om rolle te bevestig en die verantwoordelikhede van die onderskeie belanghebbendes in sport en ontspanning so vaartbelyn te maak dat die bereiking van kordinering en skaalbesparings verseker word om fondse beskikbaar te stel vir die skep of opgradering van basiese, veeldoelige sportfasiliteite in agtergeblewe gebiede om menslike bronnepotensiaal te ontwikkel wat nodig is vir die effektiewe bestuur van sport en ontspanning in Suid-Afrika om die gemeenskap te motiveer om aktiewe lewenstyle te ontwikkel en om diegene met talent te kanaliseer na die mededingende sportgebiede om 'n hoprestasieprogram te ontwikkel wat gerig is op die voorbereiding van elite-atlete vir belangrike kompetisies om te verseker dat alle sport- en ontspanningsliggame hul regstellende aksiedoelwitte bereik om 'n etiese gedragskode vir sport en ontspanning in Suid-Afrika op te stel om 'n beleid ten opsigte van internasionale betrekkinge, in oorleg met nasionale regeringsbeleid, op te stel
Sport en Ontspanning Suid-Afrika
Die doel van Sport en Ontspanning Suid-Afrika is om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter deur die bevordering van deelname aan sport en ontspanning in die land en deur die deelname van Suid-Afrikaanse sportpersone en -spanne aan internasionale sportgeleenthede.
