Aan die gang
Inwoners en besighede het inligting van die regering nodig. Die Cape Gateway is 'n enkele punt van toegang tot feite oor regeringsdienste, projekte en publikasies. Verbeterde toegang tot inligting sal ook die provinsiale regering in staat stel om dienslewering te verbeter, en dit sal help om 'n positiewe omgewing vir ekonomiese groei te skep.
Departement van die Premier
Die Cape Gateway Ontwikkelingsprojek is daarop gerig om verbeterde toegang tot inligting van ho gehalte oor die provinsiale regering, hulpbronne en dienste via die Cape Gateway poort te verskaf
Die poort bevat gebruikersvriendelike inligting oor nasionale, provinsiale en plaaslike regering wat hoofsaaklik op inwoners van die Wes-Kaap gerig is. Dit word deur agente van die Kontaksentrum gebruik as inligtingbasis om inwoners se vrae telefonies te beantwoord.
