Siekte en selfs medikasie - wat infeksie en /of siekte behandel- kan simptome veroorsaak wat die persoon se vermo om gesond te eet, beinvloed. Hoe beter 'n persoon hierdie siekte hanteer, hoe meer/beter sal die persoon kan eet. Gebruik die volgende inligting om jou klinte te help om hulle simptome beter te hanteer:
Gebruik skoon water om voedsel en skottelgoed mee te was.
Seertjies in die mond en keel is algemeen by verskeie siektes. Hierdie seertjies is ongemaklik en seer, maar nie lewensbedreigend nie. Die gevaar is dat hierdie seertjies dit moeilik kan maak om te eet of sluk, wat 'n laer voedselinname en gewigsverlies tot gevolg het.
Eet eerder meer...
Voedsel wat baie vet, olie, spek of botter bevat soos gebraaide voedsel, wors en vetkoek kan diarree vererger.
Moedig klinte aan om so aktief as moontlik te bly. Huiswerk en gereelde stap verhoog aktiwiteit en help om spiere sterk te hou. Gewigsverlies in HIV/VIGS en ander chroniese siektes is gewoonlik as gevolg van die verlies van spiermassa.
Gesonde eetgewoontes beteken nie jy moet spesiale duur kos koop nie! Dit beteken bloot dat jy beter voedselkeuses maak uit beskikbare voedsel.
Hoender, vis, vleis, melk en eiers kan daagliks geet word
Gebruik sout spaarsamig
Eet stadig en kou voedsel deeglik.
Maak suikers, vette en olies deel van die eetplan
K.Maak gebruik van voedselaanvullings Voedselaanvullings is baie waardevol, veral vir jong kinders (omdat hul voedingsbehoeftes groter is tydens groei), of baie siek mense wat moeilik eet.
Dit is beter om vitamiene en minerale met 'n multivitamientablet aan te vul in 'n dosis wat nie die aanbevole daaglikse dosis (ADD) oorskry nie. Dit sal op die etiket aangedui word.
Wag vir ten minste twee ure na 'n ete voordat u gaan l.
Siekte het die volgende gevolge:
Om mense te help om goeie voeding deel te maak van hulle daaglikse roetine, verg ware toewyding, maar dit is voorwaar die moeite werd. Gebalanseerde maaltye het voordele vir almal- gesonde eetgewoontes kan help in bevegting van infeksies, voorkom ongewensde gewigsverlies tydens siekte, vertraag die progressie van die siekte, maak die gebruik van medikasie meer effektief en verbeter kwaliteit van lewe.
gewigstoename, maar ook voorkoming van gewigsverlies vervanging van die verlore voedingstowwe tydens diarree en braking aanmoediging om maaltye hoog in voedingstowwe te neem (maaltye wat hoog in voedingstowwe en energie is per volume voedsel), met genoeg verskeidenheid om die immuunstelsel sterk te hou aanpassing van maaltydplan van klint by simptome wat ervaar word advies aan klint oor goeie eetgewoontes, binne die beskikbare hulpbronne
Wat kan ek doen as ek geen eetlus het nie?
Wag tot u beter voel voordat u eet, maar moet nie die ete heeltemal oorslaan nie.
Neute, sade en volgraanbrood mag die dermkanaal irriteer en diarree vererger.
Ontdooi voedsel in die yskas, indien beskikbaar. Bakterie groei in voedsel by kamertemperatuur en hierdie voedsel kan infeksies veroorsaak. Ontdooi voedsel op 'n koel plek- nie in direkte sonlig nie- wanneer 'n yskas nie beskikbaar is nie.
Eet klein gereelde etes - naarheid is erger wanneer die maag leeg is.
G. Praktiese voorstelle om simptome van siekte te hanteer en voedselinname te maksimaliseer
Smaakveranderinge word veroorsaak deur die newe effekte van medisyne, swak voedingstatus en infeksies.
Drink vloeistowwe deur 'n strooitjie.
Hou afval in 'n toe houer. Maak die houer gereeld leeg en was dit.
Styselryke voedsel soos brood, pap, graankosse, rys, aartappels, stampmielies, giers, mielies, sorghum en pasta, behoort die grootste deel van 'n maaltyd te vorm. Hierdie voedsel is oor die algemeen nie duur nie en het goeie voedingswaarde vir geld. Moedig klinte aan om ander beskikbare voedsel by die styselryke voedsel te voeg, vir 'n gebalanseerde maaltyd.
B. Die rol van voeding in chroniese siektes
Spesiale voedingsondersteuning vir kinders wat aan 'n chroniese siekte ly
Ontsmet lappe, sponsies en skuurders met blykmiddel. Sonlig is 'n effektiewe manier om bakterie op 'n natuurlike wyse te vernietig. Hang lappe dus in sonlig om te droog.
Moenie geblikte kos gebruik indien die blikkie opgeblaas is, ingeduik is of lek nie.
Gebruik ontdooide voedsel onmidddelik, want dit is gevaarlik om die voedsel weer te vries.
Doelstellings van voedingshulp:
Vermy eerder klewerige voedsel soos grondboontjiebotter of glibberige voedsel soos jellie, aangesien dit moeilik sluk.
Probeer baie vloeistowwe drink soos skoon water en tee. Probeer om vloeistowwe tussen etes te drink en nie saam met of net voor etes nie, omdat dit die maag ongemaklik vol kan laat voel.
Voedsel soos bone, uie, kool, brokkolie, blomkool en gaskoeldrank vorm gas en behoort vermy te word vir 'n tydjie.
Verleen bystand aan die moeders of versorgers van jong babas, om die veiligste voedingsmetode te kies. Verwys na die "Suid-Afrikaanse Borsvoedingsriglyne bir Gesondheidswerkers" dokument vir meer inligting.
Wanneer 'n mens reis kan jy in kontak kom met nuwe kieme waaraan die liggaam nie gewoond is nie. Diarree is 'n algemene gevolg. Wanneer die liggaam deur HIV/VIGS verswak is, raak 'n mens makliker siek van voedsel en water. Gesonde mense sal nie noodwendig probleme ondervind nie. Raai klinte aan om ekstra versigtig te wees met voedselkeuses wanneer op reis.
Daar is 'n direkte verwantskap tussen swak voeding en siekte, omdat die een problem die ander vererger. Die diagram toon hoedat wanvoeding siekte kan vererger, maar ook hoe siekte op sy beurt weer tot wanvoeding kan lei.
H. Praktiese voorstelle om op voedselkostes te bespaar
Eet met 'n seer mond en keel
Geniet klein, gereelde etes om te voorkom dat u ongemaklik voel.
Eetgerei moet verkieslik in warm seepwater gewas word. Vervang water wanneer dit te vuil is.Iindien geen watertekorte bestaan nie, is dit 'n goeie idee om skottelgoed af te spoel nadat dit gewas is.
Dit is belangrik vir elke mens om genoeg water te drink. Diarree, braking en nagsweet veroorsaak groot water- en mineraalverliese in die liggaam- wat weer vervang moet word! Klinte benodig ten minste 8 koppies vloeistof per dag. Water, koeldrank, melk, vrugtesap of tee kan gedrink word gedurende die dag. Kraanwater is gewoonlik veilig, maar leer klinte om eerder boorgat-, rivier-, of putwater te kook en af te koel voordat dit gedrink word.
Hanteer naarheid en braking...
Maak seker dat die moeder of versorger gesond genoeg is om na die kind om te sien.
Drink baie, skoon, veilige water
Hierdie voedselgroep verskaf 'n verskeidenheid voedingstowwe aan die liggaam, waaronder ook proteene. Dit is baie belangrik om tydens siekte genoeg proteiene in te neem. Almal geniet en kies nie dieselfde dierlike produkte nie, daarom volg 'n paar voorbeelde. Bief, lam, vark, hoender, vis, niertjies, lewer, hart, brein, hoenderpote, pens en pootjies, afval, eiers, melk, dikmelk, suurmelk, joghurt, karringmelk, melkpoeier (nie koffieverromer), kaas, mopaniewurms en insekte. Hierdie voedsel is gewoonlik redelik duur in die winkel-moedig klinte in plattelandse gebiede dus aan om hoenders, hase, skaap, bokke en ander diere- wat vleis, eiers en melk voorsien- aan te hou.
Eet so gereeld moontlik om op te maak vir gewigs- en voedingstofverliese.
Voedsel soos aartappels en piesangs bevat die mineraal kalium wat verlore gaan tydens diarree.
Diarree kan swak voeding veroorsaak, aangesien die voedsel te vinnig deur die liggaam beweeg sodat die liggaam dit nie kan gebruik nie. Die persoon eet ook minder as gevolg van 'n swak aptyt. Tydens diarree, droog die liggaam uit, omdat soveel vloeistowwe verlore gaan. Dit word dehidrasie genoem. Dehidrasie is baie gevaarlik en mense kan daarvan doodgaan.
Goeie mondhigine is baie belangrik!
U hande met seep en water te was nadat u by die toilet was of 'n baba se doek omgeruil het.
Koop voedsel wat goeie voedingswaarde vir geld bied, bv:
A. Goeie voeding- die verskil tussen siekte en gesondheid
Koffie en ander voedsel soos koladrankies en sjokolade bevat kaffeen en tree op as 'n stimulant wat diarree kan vererger.
Voldoende voeding is uiters belangrik vir alle jong kinders, om gesonde groei te verseker en infeksies te beveg. 'n Wangevoede kind is meer vatbaar vir verskillende infeksies, wat lei tot swak groei, vertraagde fisiese en verstandelike ontwikkeling en die mortaliteitsrisiko verhoog ook.
Eet die voedsel waarvan u die meeste hou - so sal u waarskynlik meer eet.
Sout wat in oormaat gebruik word kan bydra tot ho bloeddruk. Beveel klinte aan om sout spaarsamig te gebruik, siende dat baie Suid-Afrikaners aan ho bloeddruk ly. 'n Groot hoeveelheid sout en water gaan verlore tydens diarree en braking en dit is dus baie belangrik om klinte daarop attent te maak om verlore sout en water te vervang. Drink 'n mengsel van suiker, sout en gekookte water (1 liter water + 8 teelepels suiker +  teelepel sout) wanneer diarree en braking voorkom.
Drink baie vloeistowwe om vloeistof in die liggaam te vervang. Om 'n tuisgemaakte rehidrasie drankie te maak, neem een liter water wat gekook is en afgekoel is, voeg 8 teelepels suiker en 'n halwe teelepel sout by. Drink slukkies van hierdie mengsel so gereeld as moontlik.
Drink deur die dag vloeistowwe wat baie energie verskaf, soos melkskommel, versoete vrugtesap en tuisgemaakte sop.
Kinders behoort ook die riglyne vir gesonde voedselkeuses, soos in afdeling E van hierdie dokument, te volg.
Geen enkele voedselsoort voorsien in al die liggaam se behoeftes nie. Moedig klinte aan om 'n verskeidenheid van bekostigbare en algemeen beskikbare voedsel te eet. Drie maaltye bestaande uit 'n verskeidenheid voedsel, word aanbeveel per dag. Moedig klinte ook aan om tussen maaltye te eet. Dit help baie wanneer klinte met moeite eet en nie altyd genoeg voedsel tydens maaltye inneem nie.
Hoenders wat tuis aangehou word kan vleis en eiers heelwat goedkoper aan die familie voorsien. Hase, of groter diere soos bokke en skape ka nook aangehou word om in die vleisbehoeftes van die familie te voorsien.
Benadruk goeie higene, asook kos en water veiligheid om infeksie te voorkom.
Versker dat voedsel verwyder is van troeteldiere en bedek vir vlie en ander insekte.
Dro growwe voedsel soos springmielies, aartappelskyfies en harde groente.
I. Spesiale voedingshulp aan kinders met 'n chroniese siekte
Kou kougom of eet harde lekkers om speekselsekresie in die mond te vermeerder. Dit maak dit makliker om voedsel te sluk.
Siekte, depressie en eensaamheid mag veroorsaak dat u aptyt verloor. Probeer die volgende om seker te maak dat u genoeg eet en sodoende u liggaam sterk hou:
Onthou dat gewone voedsel gebruik kan word om maaltye aan te vul.
Indien diarree aanhou, vra raad by u plaaslike kliniek.
Wat moet ek doen wanneer ek diarree het?
Wees meer aktief! Gereelde stap sal help om hardlywigheid te verbeter.
Medikasie veroorsaak dikwels naarheid en braking. Probeer die volgende om beter te voel:
Herinner klinte dat gesonde eetgewoontes nie beteken dat jy duur kos moet koop nie, maar slegs slim keuses moet uitoefen.
Voesel in 'n ete wat dieselfde sagte tekstuur het, is makliker om te sluk. Versap voedsel indien nodig.
Moedig 'n gemeenskapsmelkery aan in gebiede waar groter diere toegelaat word in die gemeenskap. Die gemeenskap kan fondse insamel of 'n borg bewerkstellig om 1 of meer koeie aan te koop om in hulle melkbehoeftes te voorsien. Onthou egter dat melk gepasteuriseer of gekook moet word voor gebruik.
Swak higiene kan diarree veroorsaak. Dit is daarom belangrik om:
Kies sagte, gladde of klam voedsel soos kapokaartappels, maalvleis, geroomde groente, sagte pap, soppe, roereier, roomys, vla en poedings.
weeg die klint en noteer die gewig op die kliniekkaart vra die klint uit oor wat hy/sy gewoonlik eet om sodende voedselinname, sosioekonomiese status en beskikbaarheid van voedsel te bepaal bepaal die beskikbaarheid van skoon, veilige water neem 'n goeie geskiedenis van die simptome wat die klint ervaar help die klint met maaltydbeplanning en hou hulpbronne en ander inligting in gedagte, om by die klint se situasie te pas gee raad oor gewigstoename indien die klint gewig verloor adviseer die klint oor die veilige hantering van voedsel maak 'n opvolgafspraak
Dit mag help om u mond gereeld met soutwater te spoel. Klein slukkies water met 'n bietjie suurlemoensap by voor ete kan ook help om die smaak van voedsel te verbeter.
Baie kinders met chroniese siektes is geneig tot ernstige wanvoeding- voorsien behandeling hiervoor.
Die volgende basiese riglyne kan help om infeksies te voorkom wat deur voedsel veroorsaak word:
Voorkom infeksie deur u tande en tandvleis skoon te hou.
Het u probleme met sooibrand en opgeblasenheid?
Wanneer jy raad aan klinte gee, onthou:
Was die werksoppervlaktes (tafels, toonbanke, wasbakke, rakke, ens.) met water en seep. Moenie bakterie toelaat om te groei nie.
Suiker of heuning gee smaak en ekstra energie aan u voedsel. Eet gerus nagereg en roomys vir ekstra energie.
Eet genoeg groente en vrugte daagliks
Gaar voedsel behoort so gou moontlik geet te word. Moenie voedsel wat afgekoel het teen kamertemperatuur berg nie. Oorskietkos en gaar voedsel moet teen 'n baie ho temperatuur opgewarm word om bakterie te vernietig.
E. Basiese beginsels vir gesonde voedselkeuses
Maak seker dat klinte weet hoe om die aanvulling aan te maak en te gebruik.
Drink vloeistowwe tussen etes - dit mag help om die vloeistof stadig deur 'n strooitjie te drink.
Gebruik meer geurmiddels, souse of suurlemoensap om die geur van voedsel te verbeter.
Bakterie kan selfs in die vrieskas groei. Moenie voedsel vir langer as 30 dae in die vrieshokkie van die yskas hou nie.
Sterk gegeurde en sout voedsel wat die mond en keel kan irriteer.
Hoe om te spaar op voedselkostes
Maak styselryke voedsel die basis van meeste maaltye
D. Advies aan klinte met betrekking tot voeding
Daar bestaan heelparty maniere om gesond te eet. Elke mens eet verskillend as gevolg van voedselbeskikbaarheid, -voorkeure, godsdiens, kultuur, ens. Dit is baie belangrik om al bg. faktore in gedagte te hou wanneer jy klinte van raad bedien oor voeding.
Koue voedsel of voedsel by kamertemperatuur smaak dikwels beter as warm voedsel.
Vermy voedsel met 'n sterk geur soos kool en koffie, indien dit veroorsaak dat u aptyt verloor.
Die hoofdoel van ingryping in die voeding van 'n persoon met 'n chroniese siekte, is die verbetering van die voedingstatus van so 'n persoon.
Drink 'n slukkie vloeistof voor elke mond vol voedsel of doop harde en dro voedsel soos roosterbrood, beskuitjies en koekies in vloeistof soos tee om dit sag te maak voor dit geet word.
Geniet u etes in 'n aangename omgewing om die ete lekkerder te maak (met musiek, onder 'n boom of in 'n parkie).
Voedsel soos suiker, melkpoeier en olie verskaf baie energie, selfs in klein hoeveelhede. Dit kan by ander voedsel gevoeg word waar moontlik.
Vermy sterk gegeurde en vetterige voedsel.
Vermy alkoholiese drankies
Moenie aan voedsel proe as jy vermoed dat dit bedorwe is nie.'n Gesonde persoon mag dalk die voedsel eet sonder om siek te word, maar 'n persoon wat aan 'n chroniese siekte ly het minder weerstand teen voedselvergiftiging.
Wat is voedselvergiftiging?
Die voedsel wat ons eet, bepaal ons gesondheid, hoe ons voel, werk en speel, groei en ontwikkel. Voedsel voorsien die liggaam van die nodige voedingstowwe om sterk en gesond te wees. Voedingstowwe bestaan uit: proteene, koolhidrate, vette, vitamiene, minerale en water. Die doel van die boekie is om jou van inligting te voorsien in die baie belangrike rol wat voedsel speel in die versterking van die immuunstelsel , om sodoende siekte te beveg en herstel te bewerkstellig. Die boekie dien as motivering om jou aandag te fokus op die voedingstatus van elke klint met 'n chroniese siekte en om voeding as belangrike instrument te gebruik in die behandelingsplan. Vir die doel van die boekie: mense met 'n chroniese siekte sluit in klinte wat addisionele voedingsondersteuning benodig om gewigsverlies en agteruitgang te voorkom-veral klinte wat HIV-positief is, of VIGS, TB of kanker het.
Moedig klinte aan om sonneblomsade rondom die huis te plant, eerder as blomme sonneblomme lyk nie net mooi nie, maar produseer ook saad wat in die diet ingesluit kan word.
n Paar wenke vir verligting:
Appel-, peer-, perske- en druiwesap word gewoonlik goed verdra.
Skakel die kind in by 'n voedingskema indien voedselveiligheid by die huis 'n problem is. Hanteer, of verwys die kind vir die opvolgaktiwiteit van toepassing.
Wees so aktief moontlik
Swak spysvertering en absorpsie van voedingstowwe in voedsel, kom voor vanwe die degenerasie van die slymvliese wat die derm uitvoer. Die gevolg hiervan is diarree, wat weer veroorsaak dat die liggaam ng meer voedingstowwe en water verloor. Swak voedselinname, abnormale verliese van voedingstowwe en verhoogde behoefte aan voedingstowwe in siek mense, veroorsaak gewig-en spierverlies, 'n verswakte immuunstelsel, en dus siekte. Dit is daarom van uiterste belang om te verseker dat 'n persoon met 'n chroniese siekte goed eet.
Wanneer vleis bitter smaak of soos metal, eet eerder hoender, vis, melkprodukte, dro bone of erte vir proteen.
Meer voedsel geniet wat baie vesel (growwerigheid) bevat, soos hawermout, ongesifde mieliemeel, volgraan brood, rou groente en vrugte met die skil.
Ligte oefening soos stap, verbeter die aptyt.
Kllinte kan suikers, vette en olies insluit as deel van 'n gesonde eetplan. Hierdie voedsel verhoog die energiewaarde en gee smaak aan maaltye, sonder om die kos meer te maak. Lg. is baie handig, veral wanneer dit nie vir 'n klint moontlik is om baie te eet nie. Dit is egter belangrik om klinte daaraan te herinner dat te veel vet diarree kan veroorsaak.
Vermy sigarette en rook. Dit vererger sooibrand en is nie goed vir u gesondheid nie.
Barste in koppies en skottels, asook krapmerke in plastiese houers is ideale broeiplekke vir bakterie en is moeilik om deeglik skoongemaak te word. Vervang hierdie ou skottelgoed vir veiligheid.
n Persoon kan minder eet vanwe die volgende redes:
J. Maak gebruik van voedselaanvullings
Probeer om voedsel koud te eet, sodat die reuk van voedsel nie naarheid veroorsaak nie. Die liggaam hanteer koue voedsel dikwels beter.
Gasvormende voedsel soos kool, dro bone en erte, blomkool en brokkolie, sowel as sterk gegeurde voedsel en groot hoeveelhede lekkers mag diarree vererger.
Volroom melk en melkprodukte (melkpoeier, maaskaas, joghurt) kan by voedsel gevoeg word om meer energie en proteen te gee.
Beskerm water wat gebruik word vir kookdoeleindes, drinkwater, bad- of waswater van kontak met feses en vuil water.
Eet voedsel tussen etes om seker te maak dat u genoeg eet.
Fasiliteer 'n gemeenskapstuinmaakprojek, indien individuele tuinmaak by die huis nie goed werk nie.
Eet minder verfynde en geprosesseerde voedsel soos witmeelprodukte (koeke, pastye ens.)
Onthou...
Voedsel om te vermy of minder van te eet:
Behandel sekondere infeksies, soos orale sproei en longontsteking, spoedig.
Drink baie water en ander vloeistowwe.
Voeg 'n bietjie suurlemoensap of 'n skyfie suurlemoen by koeldranke.
Laktose is 'n suiker wat natuurlik in melk voorkom. Tydens siekte kan die liggaam soms nie laktose so goed soos gewoonlik gebruik nie. Dit veroorsaak diarree en dit mag beter wees om minder melk en melkprodukte te gebruik. Suur en gefermenteerde suiwelprodukte soos maas en joghurt kan gebruik word indien diarree nie te ernstig is nie. U kan ook "laktose-vrye" sojamelk of baba sojaformule gebruik.
C. Doelstellings van voedingshulp
Moenie rou eiers, vis, vleis en pluimvee eet nie. Kook kos om bakterie te vernietig en maak seker dat dit heeltemal gaar is.
Moedig groentetuine aan - dit kan in 'n klein agterplaas of selfs in potte/houers geplant word om kos en inkomste aan die hele gesin te verskaf. Groentetuine beskerm die omgewing en is 'n lus vir die oog, maar kan ook as ontspanning vir die gesin dien.
Anti-oksidante soos vitamiene A, C, E, die mineraal selenium, asook sink, is belangrik om die immuunstelsel te beskerm.
Die grootste uitdaging is om dit bekostigbaar te maak vir almal om gesond te eet. Gebruik die voorstelle hieronder wanneer jy raad gee oor hoe om gesond te eet binne 'n baie klein begroting:
Voedsel soos geskilde, gerasperde appels of pere, hawermout en aartappels. Hierdie voedsel bevat oplosbare vesel wat help om vloeistof in die dermkannaal te hou.
Mense wat aan chroniese siektes ly behoort nie enige alkoholiese drankies te drink nie. Alkohol beskadig die lewer en veroorsaak verlies van vitamiene, wat nodig is om die immuunstelsel te beskerm. Die kombinasie van alkohol en medisyne is baie skadelik vir die lewer. Alkoholiese drankies sluit in: wyn, bier (insluitend tuisverboude bier en sorghumbier), appelwyn, alkoholiese koelers, whisky, rum, jenewer, wodka, rietsppiritus en ander drankies wat alkohol bevat.
Wanneer 'n voedselaanvulling aanbeveel word:
Was hande met seep en water (verkieslik warm) vir ten minste 20 sekondes voor en na die hantering van voedsel, nadat aan diere geraak is, na toiletbesoeke en nadat jy genies of neus geblaas het.
Hierdie plantprodukte voorsien proteene en ander voedingstowwe wat nodig is vir 'n sterk immuunstelsel en spiere. Gekookte, gedroogde bone, ertjies, lensies en soja kan in plaas van vleis geet word, as deel van 'n gebalanseerde maaltyd wat minder kos. Vir vegetarirs wat aan 'n chroniese siekte ly, moet hierdie produkte 'n baie belangrike deel vorm van 'n gesonde eetplan.
Was alle vars vrugte en groente. Skil vrugte en groente indien dit nie gewas is nie. Meng 1 teelepel blykmiddel met 1 liter skoon water om vrugte en groente in te was.
Diarree is wanneer 'n mens drie of meer los, waterige stoelgange per dag het. Die mees algemene oorsake van diarree is:
Hardlywigheid is wanneer stoelgange hard is en moeilik om te passeer.
Wat van koors?
Probleme om diarree te stop?
Klinte behoort so gou moontlik addisionele aandag te skenk aan voeding, om infeksie, wanvoeding en ongewensde gewigsverlies te voorkom. Dit is baie moeilik om swak voeding te herstel na die vlak voordat die persoon siek geword het, wanneer 'n persoon reeds aan wanvoeding ly en siek is.
Probeer eerder:
Hanteer voedsel so min as moontlik met die hande, gebruik liefs skoon eetgerei om voedsel te hanteer.
Begin vroegtydig!
Probeer om regop te sit tydens etes en vryf u keel afwaarts om sluk te vergemaklik.
Voedselvergiftiging word mees algemeen deur bakterie veroorsaak. Bakterie (kieme) kan binne 'n paar uur, teen louwarm temperature vermenigvuldig tot miljoene, en voedselvergiftiging veroorsaak. 'n Gesonde liggaam is toegerus om baie verskillende kieme te kan hanteer, maar tydens siekte is die immuunstelsel verswak en die liggaam beveg infeksies met moeite. Klinte met TB, VIGS en ander siektes, is meer vatbaar vir infeksies en behoort ekstra versigtig te wees as dit kom by die veiligheid van voedsel. Enige siekte, ook di veroorsaak deur voedsel, sal die immuunstelsel verder verswak. Voorkom voedselvergiftifing deurdat voedsel op 'n veilige manier hanteer, voorberei en geberg word.
Vermy voedsel wat die mond en keel kan irriteer soos:
Vermy die gebruik van lakseermiddels of enige"reinigers" soos lakseermiddels. Lakseermiddels en enemas, veroorsaak verliese van belangrike voedingstowwe en is slegs 'n korttermyn oplossing, aangesien dit nie die oorspronklike probleem aanspreek nie.
Vermy die gebruik van vuil of gekraakte eiers- eiers is 'n goeie groeimedium vir bakterie. Was eiers voor gebruik.
H. Praktiese voorstelle vir besparing op voedselonkostes
Hou diere weg van drinkwater.
Probeer gevriesde vrugtesap of ys te suig om u mond gevoelloos te maak voor ete.
Indien die medisyne wat u drink lei tot 'n verlies in aptyt, vra die gesondheidsorg-werker of u die medisyne na etes kan neem.
Voeg olie en vette soos margarien, botter en mayonnaise by voedsel vir ekstra energie en om die smaak van voedsel te verbeter. As u 'n probleem het met diarree of ongemaklik voel wanneer u ekstra vet inneem, eet minder vette en olies.
Die volgende punte behoort in gedagte gehou te word wanneer daar voedingsondersteuning aan kinders gebied word wat aan 'n chroniese siekte ly.
F. Praktiese voorstelle om infeksie deur middel van voedsel te voorkom
Goeie voeding is een van die maniere waarop hierdie siklus gebreek kan word. Goeie voeding verhoog weerstand teen infeksies en siekte, verhoog energievlakke en laat 'n mens sterker en beter voel. Dit kan ook die progressie van die siekte vertraag.
Sorg vir goeie ventelasie in die huis.
Moedig die plant van vrugtebome (bv. lemoenbome) in die gemeenskap aan. As 'n gesondheidswerker kan jy met 'n vrugteboomprojek begin, deurdat vrugtebome rondom die gesondheidssentrum geplant word.
Klewerige voedsel wat moeilik is om te sluk soos grondboontjiebotter.
Geniet ligte gesoute en dro voedsel soos dro brood, roosterbrood, beskuitjies en dro graankos voordat u opstaan uit die bed soggens en gedurende die dag.
Dit is makliker om te eet indien die voedsel klam gemaak word met souse of vleissous.
Probeer om nie alleen te eet nie - dit is baie lekkerder om saam met iemand maaltye te geniet.
Geniet 'n verskeidenheid voedsel
Die tien basiese beginsels om gesonde voedselkeuses uit te oefen, is:
Springmielies mag u mond irriteer en veroorsaak dat u verstik.
Drink baie vloeistowwe - meer as net om u dors te les.
Gesonde eetgewoontes kan help om die liggaam se immuunstelsel so sterk as moontlik te hou om infeksies te beveg. Almal moet gesond eet om gesond te bly. Dit is egter van soveel groter belang dat mense met 'n chroniese siekte gesond eet, omdat die risiko soveel groter is vir die voorkoms van wanvoeding.
Souse en vleissouse gee ekstra energie en kan help om voedsel makliker te sluk.
Hou water wat met emmers gehaal word, bedek en so skoon as moontlik. Gebruik 'n skoon koppie om water uit houers te skep.
n Groot verskeidenheid maaltydvervangers of kitsmaaltye is beskikbaar op die mark. Kies 'n produk van 'n gerespekteerde verskaffer, wat goeie voedingswaarde verskaf teen 'n billike prys.
oProteenryke voedsel: bone (geblik en gedroog), ertjies, lensies, sojaprodukte, grondboontjiebotter, eiers, lewer, niertjies, hart, brein, pootjies, hoenderpote, afval, geblikte vis en visvingers
As u regtig nie lus het om te eet nie, kan u sop maak van bone, aartappels, wortels of enige ander groente wat u beskikbaar het. Dit sal energie en voedingstowwe aan die liggaam verskaf.
Monitor die kind se gewig gereeld, om gesonde groei te verseker.
Raai die moeder of versorger aan om kleiner maaltye , meer gereeld aan die kind te gee.
Moenie met rou en gaar voedsel op dieselfde oppervlak werk nie. Die rou voedsel kan die gaar voedsel besoedel.
Eet gedroogde bone, ertjies, lensies en sojaprodukte gereeld
Wanneer u koors het, is dit belangrik om die vloeistowwe wat u deur sweet verloor, te vervang.
Sterk gegeurde voedsel wat baie kerrie, peper of ander speserye bevat, asook vetterige en gebraaide voedsel, vererger sooibrand en opgeblasenheid.
Hanteer simptome van siekte, soos diarree en braking effektief, om wanvoeding te voorkom.
F. Praktiese voorstelle om infeksie deur voedsel te voorkom
Groente en vrugte voorsien in 'n magdom vitamiene en minerale om die immuunstelsel sterk te hou. Moedig klinte aan om soveel as moontlik verskillende tipe groente en vrugte te eet. Groente en vrugte met 'n geel, oranje, rooi, of donkergroen kleur, bv. spinasie, pampoen, wortels, appelkose, papaja en mango's, behoort daagliks geet te word. Sitrusvrugte soos lemoene en naartjies, asook koejawels, mango's en tamaties, bevat vitamien C, wat infeksies beveg. Vyf porsies groente en vrugte per dag word aanbeveel vir klinte. 'n Groentetuin by die huis, of eetbare veldplante kan help dat 'n persoon genoeg groente eet.
Hande te was met seep en water voor hantering, voorbereiding, bediening of berging van voedsel.
vuil drinkwater swak higine infeksies en medikasie
As u sukkel om voedsel te sluk, probeer om vloeistowwe te verdik met melkpoeier, babagraankos, stysel of kits kapokaartappels om dit makliker te maak om te sluk.
Alkohol, koffie, peperment en sjokolade mag sooibrand vererger en moet eerder vermy word.
Om gewigsverlies te voorkom behoort u voedsel wat ekstra energie en proteene te gee eet, byvoorbeeld:
Moenie gaar voedsel vir langer as 2 uur teen kamertemperatuur laat nie. Voedsel by partytjies en troues word gewoonlik vir lang tye teen kamertemperatuur gehou en veroorsaak dikwels ongestelde mae. Klinte met chroniese siektes moet baie versigtig wees.
Indien jy onseker is waar voedsel vandaan kom of hoe dit voorberei is, is dit veiliger om dit nie te eet nie.
Gebruik slegs melk met die word "gepasteuriseerd" op die etiket. Dit is nie noodwendig veilig om tuisgeproduseerde melk te gebruik nie, daarom moet ongepasteuriseerde melk gekook word voor gebruik.
Gebruik voedsel om hardlywigheid te behandel.
Kom ons kyk hoe u die simptome van siekte- wat veroorsaak dat u minder eet en gewig verloor- kan hanteer.
Drink klein slukkies vloeistof met etes.
Eet voedsel by kamertemperatuur. Voedsel of drankies wat te warm of koud is, kan 'n probleem wees. Geniet voedsel en drankies wat nie die mond of keel irriteer nie.
Sit regop na ete - wag ten minste 20 minute voordat u gaan l, om braking te voorkom.
Neem voedsel wat verkoel gehou moet word, reguit huis toe na inkopies en plaas in die yskas of op 'n koel plek. Moet nooit voedsel in 'n warm motor, bus of in die son laat nie.
Onderstaande 'n diagram wat jou klinte kan wys hoe maklik dit is om gesonde voedselkeuses te maak uit 'n verskeidenheid voedsel.
Probeer ongewensde gewigsverlies voorkom!
Wanneer op reis
geniet 'n verskeidenheid voedsel maak styselryke voedsel die basis van meeste maaltye eet genoeg groente en vrugte daagliks hoender, vis, vleis, melk en eiers kan daagliks geet word eet gedroogde bone, ertjies, lensies en sojaprodukte gereeld maak suikers, vette en olies deel van die eetplan gebruik sout spaarsamig drink baie, skoon, veilige water vermy alkoholiese drankies wees so aktief moontlik
Suur voedsel: lemoene, suurlemoene, pynappel en tamaties.
oStysel: mieliemeel, stampmielies, aartappels, bruinbrood oGroente: pampoen, spinasie, kool, wortels (onthou om die blare ook te gebruik)
verlies van aptyt moeite met etes as gevolg van 'n seer mond en keel koors newe-effekte van medikasie depressie, vrees of sosiale stigma verlies van inkomste*onvermo om maaltye voor te berei
Indien u tandvleis seer is en u nie tande kan borsel nie, sal dit help om u mond met 'n bietjie koeksoda gemeng met water uit te spoel.
Volhard in geduldige, liefdevolle voedingsessies. Die kind moet altyd onder toesig eet. Beveel die byvoeging van olie, margarien, suiker, grondboontjiebotter of melkpoeier aan by voedsel, om energie en voedingsofinname te verhoog.
Moet nie etes tot spesifieke tye beperk nie - eet wanneer u lus voel om te eet.
