Huwelik / Egskeiding
Die diens is beskikbaar gestel om te help om voorvalle waar Sud-Afrikaners onwetend met buitelanders getroud is te voorkom en bloot te l. Die buitelandse gades gebruik die huwelik om verblyf- en werkpermitte in Suid-Afrika te kry. Teen 18 Augustus 2004 het die Veldtog reeds 200 vals huwelike in Suid-Afrika aan die lig gebring.
Die Departrment het onderneem om verblyfpermitte, werkpermitte en die burgerskap van mense wat voordeel uit vals huwelike getrek het, nietig te verklaar.
Departement van Binnelandse Sake
Die Departement van Binnelandse Sake het 'n nuwe aanlyn huwelik-verifikasiediens ingestel as deel van die Gaan jou Huwelikstatus na-veldtog wat aan die begin van Augustus van stapel gestuur is.
Lewe en Familie
As jy 'n Suid-Afrikaanse burger is, kan jy jou huwelikstatus nagaan deur op die Departement van Binnelandse Sake se webblad aan te teken en jou ID-nommer in te vul.Jy kan ook jou status by jou plaaslike Binnelandse Sake-kantoor nagaan of in kantoortyd (07:15 - 15:45) die tolvry nommer 0800 10 1994 skakel.
Binnelandse Sake-kantore
Gaan jou Huwelikstatus na
