Die Regering van Suid-Afrika
die verkiesing van die President die bespreking en debatvoering oor kwessies in 'n openbare forum die goedkeuring van wetgewing die toesig oor die handelinge van die administrasie (Kabinet en departemente)
Die publiek het toegang tot Parlementsittings.
Nasionale Raad van Provinsies (NRP)
Die Nasionale Vergadering is verantwoordelik vir die volgende:
Die Parlement is die wetgewende tak van die Suid-Afrikaanse regering. Die Parlement is verantwoordelik daarvoor om landswette ooreenkomstig die Grondwet te maak. Dit bestaan uit die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP).
Die NRP bestaan uit 54 permanente lede en 36 spesiale afgevaardigdes (10 verteenwoordigers van elke provinsie). Dit verteenwoordig provinsiale belange in die nasionale sfeer van die regering.
Die Nasionale Vergadering bestaan uit tussen 350 en 400 lede wat deur die mense van die land verkies word om hulle te verteenwoordig. Daar is 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging wat beteken dat die getal parlementslede van elke party proporsioneel tot die getal stemme is wat in die nasionale verkiesing vir die party uitgebring is. Die Nasionale Vergadering word verkies vir 'n termyn van vyf jaar en word gelei deur 'n Speaker, bygestaan deur 'n Adjunkspeaker.
