Die Regering van Suid-Afrika
Die Departement se kerntaak is die veilige bewaring van en toesig oor oortreders. Die Departement beoefen risikobestuur ten opsigte van oortreders en erken en pas die konsepte van menslikheid en menseregte betreffende alle belanghebbendes toe.
Departement van Korrektiewe Dienste
Die doel van die Departement van Korrektiewe Dienste is om op die volgende wyses by te dra tot die instandhouding en beveiliging van 'n regverdige, vreedsame en veilige samelewing:
om hof-opgelegde vonnisse toe te pas om gevangenes in veilige bewaring te hou om die maatskaplike verantwoordelikheid en menslike ontwikkeling van alle gevangenes en di wat onderworpe is aan gemeenskapskorrektiewe te bevorder.
