Die President is Staatshoof en lei die Kabinet. Hy word deur die Nasionale Vergadering vanuit sy lede verkies en voer die land aan. Die huidige president is Thabo Mbeki.
Die President stel die Adjunkpresident vanuit die lede van die Nasionale Vergadering aan. Die Adjunkpresident moet die President ondersteun in die uitvoering van regeringsfunksies. Die Adjunkpresident is Me Phumzile Mlambo-Ngcuka.
Die Regering van Suid-Afrika
Die doel van die Presidensie is om effektiewe administratiewe bestuur en ondersteuning aan die President en die Adjunkpresident te verleen, om die afhandeling van hul uitvoerende verantwoordelikhede in ooreenstemming met die Grondwet te vergemaklik.
